Lughawensmaatskappy hoop op beter dae

Die Namibiese Lughawensmaatskappy het groot uitdagings met beperkings op vlugte en plaaslike vlugte was ook vir vier weke onmoontlik as gevolg van die inperkings tussen die streke. Dan Kamati, woordvoerder van die maatskappy sê nou dat die inperkings gelig is en inentings vorder, is daar hoop dat die stand van sake sal verbeter.