Beide Beatrice en Christine is in die finaal!

Beatrice Masilingi het pas gekwalifiseer vir die 200-meter finaal in die Spele by Tokio. Sy het tweede gekom in ‘n tyd van 22,40 sekondes. Shelly-Ann Fraser-Pryce van Jamaika het gewen in ‘n tyd van 22,13 sekondes. Christine Mboma het onder die 22-sekonde-kerf ingekom met ‘n tyd van 21.97 sekondes. Sy was ook tweede. Elaine Thompson-Herah van Jamaika het gewen in ‘n tyd van 21,66 sekondes. Die finaal vind môre middag om 10 voor 3, Namibiese tyd plaas.