Justin Bieber met rare sindroom gediagnoseer

Die Kanadese sanger Justin Bieber het aangekondig hy is met Ramsay Hunt-sindroom gediagnoseer wat die helfte van sy gesig tydelik verlam gelaat het. Hy is gedwing om optredes in sy land en Amerika te kanselleer. Bieber het ‘n video van drie minute op Instagram geplaas waarin hy wys hoe die regterkant van sy gesig nie kan beweeg nie. Hy sê die sindroom word veroorsaak deur ‘n virus wat die senuwees in sy oor aanval en die toestand is taamlik ernstig. Bieber glo sy lyf waarsku hom om rustiger te wees.