Rugby: Tuis-eindstryd wink vir albei SA-spanne in VRK

Rugby: ʼn Tuis-eindwedstryd wink vir albei spanne in vanmiddag se tweede halfeind van die Verenigde Rugbykampioenskap tussen die Stormers en Ulster in Kaapstad. Na hulle oorwinning oor Leinster gisteraand, wag die Bulle in Ierland om te hoor of hulle volgende naweek daar speel of in die Moederstad. Vanmiddag se kragmeting op die Kaapstad-stadion begin om drie-uur.