Afrika se stedelike bevolking groei teen snelle pas

Navorsers voorspel een uit elke twee mense sal binne die volgende 20 jaar in ʼn stad of dorp woon. Dit is in die lig van die snel toename in die bevolking van Afrika. Die Slimstede-beraad vir Afrika het die week plaasgevind en een van die belanghebbendes, die padagentskap SANRAL, het onderneem dat die padstelsel in stede demokraties bestuur sal word. Louw Kannemeyer van die agentskap sê SANRAL beoog om die openbare vervoerstelsel meer doeltreffend en meer toeganklik te maak deur beter tegnologie in te span.