Julius sê SA se vroue moet beskerm word

Die leier van die EFF in Suid-Afrika, Julius Malema, het die ministerie van polisie versoek om ‘n eenheid te skep wat geweldsmisdade kan aanpak. Hy doen ‘n beroep op die polisie om hulle pogings te verskerp om vroue te beskerm ná die verkragting van agt vroue in Krugersdorp, Gauteng. Hy sê die polisie moet beheer neem en wet en orde in die land herstel: