Verskeping van graan uit Oekraïne begin eers môre

Die verskeping van graan vanuit die Oekraïne het nog nie begin nie en daar is volgens berigte ‘n moontlikheid dat die eerste vaartuig Maandag sal vertrek. Dit is volgens ‘n Turkse woordvoerder. Ibrahim Kalin sê die gesamentlike koördineringsentrum in Istanbul sal waarskynlik binnekort die finale werk aan die uitvoerroetes voltooi. Daar is verwag dat die eerste besending gedurende die afgelope week sou vetrek na die ooreenkoms wat deur die VN en Turkye bemiddel is, onderteken is. Daar wag 16 vaartuie vol gelaai met grane, om te vertrek.