Heli-platform by Boulter se Henties-hotel

Die burgemeester van Hentiesbaai vra belanghebbendes en betrokke rolspelers om besware in te dien rakende die verkoop van porsie X van dorpsgrond 133 aan Continuum HP Property Investments vir 221 250 Namibiese dollar. Die firma beplan om ‘n privaat parkeringsterrein sowel as ‘n helikopterplatform te ontwikkel vir SX Investments One se boetiekhotel. SX Investments is […]

Read More

Mbalula sê SANDF moet help om spazawinkels te sluit

Die sekretaris-generaal van die ANC Fikile Mbalula moedig die Suid-Afrikaanse Weermag aan om die polisie te steun met die sluiting van spazawinkels wat kos na die vervaldatum verkoop. Onlangse gevalle van voedselvergiftiging het honderde leerders in verskeie provinsies geraak, en in sommige gevalle is sterftes aangemeld. Daarby het skole in Gauteng alle kosverkope naby hulle […]

Read More

Strafhof ondersoek blykbaar sy hoofaanklaer Khan

Die beheerliggaam van die Internasionale Strafhof sal ‘n eksterne ondersoek van stapel stuur na sy hoofaanklaer Karim Khan oor beweerde seksuele wangedrag. Reuters berig Khan word in ‘n interne dokument wat aan lidlande gesirkuleer is, versoek om tydelik uit sy rol by die wêreld se permanente oorlogsmisdaadhof, gesetel in Den Haag, te bedank terwyl ‘n […]

Read More

‘Excalibur’ in rivier ontdek

‘n Sewehonderd-jaar oue swaard wat aangetref is waar dit in ‘n rots op die bodem van ‘n rivier in Bosnië en Herzegowina vassit word die ‘ware lewe Excalibur’ genoem. Die middeleeuse wapen word vergelyk met Koning Arthur se legendariese towerswaard weens die soortgelyke maniere waarop beide ontdek en uitgetrek is. ‘n Oerlegende lui Koning Arthur […]

Read More

NamWater ken drie tenders aan Chinese toe

Chinese maatskappye trek groot voordeel uit die konstruksie van die Ogongo-Oshakati pyplynvervanging en bykomende werke ter waarde van amper 237 miljoen Namibiese dollar. Die asbes-pyplyn van 53 kilometer is in 1978 gebou. NamWater het reeds die kontrakte onderteken. Die werke is in drie dele verdeel met drie Chinese konstruksiefirmas wat 19,7 kilometer teen 88 miljoen […]

Read More

KZN-owerhede vergader oor voedselvergiftiging

Die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsvereniging in KwaZulu-Natal het dringend met munisipale omgewingsgesondheidspraktisyns vergader om toenemende voedselvergiftigingsvoorvalle onder leerders te bespreek. Dit gebeur terwyl honderde leerders geraak is deur die uitbreking. In ‘n onderhoud met die SABC het die direkteur van SALGA in die provinsie, Sabelo Gwala, kommer uitgespreek oor tekortkomings in die stelsel en stygende misdaadbedrywighede, […]

Read More

Emigrasie soektogte skiet hoogte in na Trump wen

Soos dit duidelik geword het dat Donald Trump die verkiesing sou wen, was baie Amerikaners reeds op soek na opsies vir emigrasie na die buiteland. Google-soektogte vir “trek na Kanada” het met 1 270 persent gestyg in die 24 uur nadat die Amerikaanse Ooskus-peilings vir ‘n Trump-oorwinning Dinsdag gesluit het. Soortgelyke soektogte oor verhuising na […]

Read More

Lekker boerie-braai by Murrayfield môre

Bok-ondersteuners wat môre se rugbytoets tussen die Springbokke en Skotland in Edinburgh bywoon, sal dink hulle is by die huis wanneer hulle begroet word met die geur van boerewors wat gebraai word. Die Suid-Afrikaanse slagter Markus Homola leef sy droom uit in die Skotse hoofstad in sy winkel, John Brash Family Butcher, net om die […]

Read More

Shangula sê oor inentings, ontwurming, Vit. A vir kinders

Die gesondheidministerie het inentings aan 3 813 kinders landwyd verskaf en noodsaaklike vitamien A-aanvullings gegee om hul immuniteit te versterk. Boonop het 2 643 kinders ontwurmingsbehandeling ontvang om die opname van voedingstowwe en algemene gesondheid te verbeter. Gesondheidminister Kalumbi Shangula beklemtoon dat die aanspreek van wanvoeding en die verbetering van openbare gesondheid ‘n samewerkende, multisektorale […]

Read More

Eskom stel ontbondelde tariewe voor

Eskom stel ontbondelde elektrisiteitstariewe voor om die ware koste te weerspieël deur die skeiding van veranderlike en vaste kostes. Die verskuiwing kan uitloop op laer tariewe vir talle huishoudelike verbruikers en munisipaliteite. Die onafhanklike konsultant Shirley Salvoldi het met News24 gepraat en gewys op ‘n gemengde uitwerking op klante, hoewel Eskom se inkomste neutraal bly. […]

Read More