LPM-jeug loods #AnythingButSWAPO
Die Landless People’s Movement se jeugbevel het ‘n veldtog – #AnythingButSWAPO – van stapel gestuur, wat kiesers versoek om vir enige party behalwe die regerende party in die verkiesings te stem. Met minder as drie weke oor tot die verkiesing, beklemtoon die LPM-jeugvleuel dat Swapo se bestuur in 34 jaar nie in die behoeftes van […]
Taxibedryf verloor duisende met Mos-onluste
Die voorsitter van die Oorgrensvereniging, Joseph Ntemane, het ernstige finansiële verliese vir die taxibedryf bevestig weens die onlangse sluiting van die grens met Mosambiek en geweld. Hy sê bestuurders het erg deurgeloop met voertuie wat op krediet gekoop is, omdat hulle nie ‘n inkomste gehad het tydens die sluiting nie. Terwyl vragoperasies hervat is, vra […]
Mauritius stem vandag te midde van erge inflasie
Mauritius stem vandag met premier Pravind Kumar Jugnauth en sy vernaamste mededingers wat almal belowe om die land se lewenskostekrisis aan te pak. Stembusse sluit reeds om twee-uur vanmiddag. Die land met sowat 1,3 miljoen mense bemark homself as ‘n skakel tussen Afrika en Asië, wat die meeste van sy inkomste uit ‘n florerende buitelandse […]
FBI loods ondersoek na rassistiese SMS’e
Amerikaanse owerhede het ‘n ondersoek van stapel gestuur na rassistiese SMS-boodskappe wat slawerny aanroep, na swart mans, vroue en studente die week gestuur is. Sommige het die ontvanger opdrag gegee om op ‘n spesifieke tyd met sy of haar besittings by ‘n adres op te daag, terwyl ander nie ‘n ligging ingesluit het nie. Sommige […]
Skoolhoof verskyn môre op bedrogklagte
‘n Skoolhoof sal môre in die hof op Rundu verskyn op klagte van edrog. Die 44-jarige vrou is Vrydag omdat sy na bewering ‘n vals saak van huisbraak oopgemaak het met die doel om amper 432 000 Namibiese dollar in versekering te eis. Bonifatius Kanyetu, adjunkkommissaris van misdaadondersoeke in die streek, sê die voorval het […]
Vragbedrywighede by Lebombo is hervat
Die Grensbestuursowerheid en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het vragbedrywighede by die Lebombogrens hervat. Die opeenhoping van skeepsladings is opgelos nadat Mosambiek die verwerkingstelsels by Ressano Garcia herstel het. Die woordvoerder van Grensbestuur, Mmemme Mogotsi, sê kommissaris Michael Masiapato het bevestig die hawe werk weer volstoom. Reisigers word aangemoedig om op die hoogte te bly van ontwikkelings […]
Taliban sal COP29 bywoon
Taliban-amptenare sal die VN-klimaatkonferensie bywoon wat volgende week begin, die eerste keer sedert die beweging bewind in Afghanistan in 2021 oorgeneem het. Die COP29-klimaatberaad in Azerbeidjan se hoofstad, Baku, sal een van die geleenthede met die hoogste profiel wees wat amptenare van die Taliban-administrasie bywoon. Die VN het nie toegelaat dat die Taliban Afghanistan se […]
Selfmoord bomaanval dood 24 in Pakistan
Minstens 24 mense is dood en meer as 40 beseer in ‘n bomontploffing Saterdag by ‘n spoorwegstasie in die stad Quetta in die suidweste van Pakistan. Quetta is die hoofstad van die Balochistan-provinsie, wat worstel met ‘n oplewing in geweld deur separatistiese etniese militante. Owerhede sê die teiken was weermagpersoneel met 16 soldate onder die […]
IPC hou suksesvolle saamtrek in Windhoek
Die Independent Patriots for Change het sy ster-saamtrek in Windhoek met groot sukses gehou. In sy tipiese en baie anderse styl het partypresident Panduleni Itula het saam met partylede deur die strate van die hoofstad geloop. Die IPC het reeds vroeg in 2022 sy veldtog vir die komende verkiesings geloods en hou nie gereeld groot […]
SA 227 dae beurtkrag-vry
Eskom sê beurtkrag is nou vir 227 dae lank opgeskort, wat sedert Maart gelykstaan aan sewe maande, danksy die nutsmaatskappy se Opwekkingsherstelplan. Met verbeterings in die steenkoolvloot en minder onderbrekings, sê Eskom hy het jaar-tot-jaar 14,6 miljard Suid-Afrikaanse rand se diesel gespaar. Nog besparings en volgehoue elektrisiteitstoevoer word verwag, wat die somer beurtkragvry behoort te […]