Biden en Trump gesels Woensdag by die Withuis

Die Withuis het aangekondig die verkose president Donald Trump sal Joe Biden Woensdag in die Oval Office besoek in hulle eerste ontmoeting sedert die Amerikaanse verkiesing. Biden se na-verkiesingsuitnodiging aan Trump is ‘n tradisie tussen die uittredende en inkomende presidente. Maar toe Trump in 2020 die verkiesing verloor het teen Biden, het die Republikein die […]

Read More

Engeland lelik ontnugter met 42-37 verlies

Engeland, wat die gunstelinge was in hulle kragmeting teen die Wallabies op Twickenham, is ontnugter toe hulle met 42-37 teen die besoekers verloor het. ‘n Drie in die doodsnikke deur die plaasvervanger-agterspeler Max Jorgensen het die wedstryd vir die Aussies vasgeknoop. In ander kragmetings het Argentinië Italië met 50-18 vermorsel, Frankryk het Japan met 52-12 […]

Read More

Doeane en aksyns verdien groot vir NamRA

NamRA het 27,9 miljard Namibiese dollar ingevorder van doeane en aksyns in die 2023-24 finansiële jaar wat gestelde teikens oorskry het. Internasionale handel het die hoogste bedrag bygedra, op 25,9 miljard dollar. Die brandstofheffing het die tweede hoogste inkomste gegenereer, 1,3 miljard  dollar terwyl die omgewingsheffing 141,9 dollar se inkomste opgelewer het. Die syfers is […]

Read More

SAPD lê beslag op vervalste goedere van R2m

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het in Fordsburg, Johannesburg beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as 2 miljoen Suid-Afrikaanse rand, en 24 verdagtes in hegtenis geneem. Die aanklagte sluit in 23 sake van oortreding van die Wet op Immigrasie en een van handel in vervalste goedere. Die polisie-woordvoerder Amanda van Wyk sê die operasie […]

Read More

Brasiliese klimaatbelofte verwelkom

Brasilië het besonderhede van sy nuwe belofte oor klimaatsverandering aangekondig. Dit stel ‘n teiken om die land se kweekhuisgasvrystellings teen 2035 te verlaag. Die land sal sy belofte by die komende COP29 in Azerbeidjan bekend maak. Dit word as uiters belangrik geag omdat  Brasilië een van die wêreld se grootste vrystellers van koolstofdioksied is. Die […]

Read More

Fietslegende Cavendish ry vandag laaste keer

Mark Cavendish van Brittanje, die suksesvolste snelfietsryer in die geskiedenis van die sport, gaan aftree nadat hy vandag deelgeneem het aan die Tour de France Criterium-byeenkoms in Singapoer. Die 39-jarige van die Eiland Man, wat in Mei gesê het dié seisoen sal sy laaste wees, het in Julie die rekord by die Tour de France […]

Read More

China sal help met opleiding vir olie- en gassektore

China sê hy sal Namibië bystaan om sy arbeidsmag in die olie-, groenwaterstofsektore te skool. Chinese ambassadeur na Namibië, Zhao Weiping, sê Beijing is daartoe verbind om die land se pogings om ‘n vaardige arbeidsmag te ontwikkel om sy groeiende sektore, insluitend olie, gas en groen waterstof, te ontwikkel. Hy sê Namibië se industrialisasiedoelwitte, veral […]

Read More

Trump maak skoonskip met 312

Donald Trump het Arizona en Nevada gewen en dus al sewe swaaistate ingepalm. Trump het 312 kieskollege stemme gekry teenoor Kamala Harris se 226. In 2020 het Joe Biden Trump verslaan deur ses van die sewe swaaistate te wen – en Noord-Carolina net-net te verloor en 306 kieskollege teenoor Trump se 232 gekry. Die Associated Press […]

Read More

Katar onttrek as Gaza-bemiddelaar

Katar het onttrek as bemiddelaar in samesprekings oor ‘n skietstilstand en gyselaarvrylatings tussen Israel en Hamas. Die BBC berig dit het gebeur nadat senior Amerikaanse amptenare gesê het Washington sal nie langer die teenwoordigheid aanvaar van Hamas-verteenwoordigers in Katar nie. Hulle het die Palestynse groep beskuldig van die verwerping van nuwe voostelle vir ‘n einde […]

Read More

Mej. Aarde: Albertina behaal top-12

Australië is aangewys as Mej. Aarde 2024 in die Filippyne. Namibië se verteenwoordiger, Albertina Haimbala, het die top-12 finaliste gehaal maar het ongelukkig nie na die top-agt deurgedring nie. Die kompetisie het baie goeie talent uit lande soos die Dominikaanse Republiek, Puerto Rico, die VSA, Peru, Kabo Verde, Australië, Ysland en Rusland gesien, wat almal […]

Read More