Nampol kry opleiding in etiket, protokol
Die Namibiese polisie sal volgende opleiding vir protokol en etiket aan sy lede aanbied. Dit word in samewerking met die Namibiese Instituut vir Openbare Administrasie aangebied by die Israel Patrick Iyambo Polisiekollege in die hoofstad. Die opleiding begin Maandag en duur tot Vrydag. Daar is gereeld klagtes oor veral Nampol-lede se gedrag. Goeie gedrag is […]
SAOG moet intree om Maputo-deurgang te herstel
Die Suid-Afrikaanse Vragversendersvereniging waarsku die voortslepende konflik in Mosambiek veroorsaak aansienlike ontwrigting van oorgrens-handelsroetes, veral die Maputo-deurgang. Die vereniging berig skade aan infrastruktuur en tydelike sluitings van die grens ontwrig logistiek, wat kritieke aanbodkettings vertraag wat Suid-Afrika, Zimbabwe en ander streeksmarkte bedien. Woordvoerder van die vereniging, Barbara Mommen, versoek die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap om te bemiddel […]
Kommer oor of Trump Biden se entstof-beloftes aan Afrika sal hou
Die Afrika-sentrums vir Siektebeheer en -voorkoming vra die verkose Amerikaanse president, Donald Trump, om entstof- en finansieringsbeloftes te eerbiedig wat sy voorganger, Joe Biden, gemaak het. Biden het in September ‘n miljoen dosisse teen M-pokke beloof om die vasteland se reaksie teen die voortgesette uitbreking te ondersteun. Direkteur John Kaseya sê die beskikbaarstelling van beloofde […]
EU skenk N$3,8m se droogtehulp
Die Europese Unie het 3,8 miljoen Namibiese dollar vir droogtehulp geskenk. Dit sal sowat 140 000 Namibiërs bystaan. President Nangolo Mbumba het in Mei vanjaar ‘n noodtoestand afgekondig. Die Namibiese Rooi Kruisvereniging is in beheer van die verspreiding van die hulp geplaas vanweë sy gemeenskapsbande en suksesvolle rekord in die streke wat die meeste deur […]
Geweld duur voort in Mosambiek, 30 dood
Human Rights Watch sê minstens 30 mense is in geweld in Mosambiek dood na bykans drie weke van betogings oor ‘n omstrede presidentsverkiesing. Dit sluit nie Donderdag se geweld in nie toe polisie en soldate duisende betogers in die hoofstad, Maputo, uiteengejaag het. Die Suider-Afrikaanse land word deur geweld geteister sedert die Frelimo-party, wat bykans […]
VSA kla Iranse man vir sluipmoord-komplot op Trump
Amerikaanse owerhede het ‘n Iranse man aangekla in verband met ‘n beweerde komplot wat deur Iran beveel is om Donald Trump te vermoor. Volgens berigte het Farhad Shakeri wetstoepassers ingelig “dat hy op 7 Oktober 2024 die taak gehad het om ‘n plan te ontwikkel om Trump te vermoor. Die 51-jarige sê dat hy as […]
Copps 94.1: Henties-inwoners is stroopsoet
Dit wil voorkom asof inwoners van Hentiesbaai hulleself by goed gedra. Die Copps 94.1-span het patrollie by die kusdorp uitgevoer en alles was in orde. Francois Lottering het meer.
Von Bach vat water!
Die Von Bachdam is besig om ‘n klein invloei van water te kry na reënbuie in sy opvangsgebied. Reënwater vloei tans teen sowat 4,1 kubieke meter per sekonde die dam binne. Volgens NamWater se dambulletin was die dam Maandag 9,8 persent vol en vanoggend om 8-uur het hy op 10,1 persent gestaan. Volgens NamWater het […]
Herinnering-trilogie oor volksmoord sluit af
“A Trilogy to Remembrance, Part III: Shaping a Brighter Future” is afgesluit in ‘n paneelbespreking wat die volksmoord en versoening herdenk het. Die trilogie het gekyk na die bewusmaking en opvoeding van die jeug oor die OvaHerero- en Nama-volksmoord van 1904 tot 1908. Die trilogie het geëindig met die bekendstelling van die boek “An Unresolved […]
US baan weg vir mensagtige robots
Die Universiteit Stellenbosch se Departement van Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese het ‘n hipermoderne navorsingsplatform bekend gestel wat die weg baan vir mensagtige robots. Doktor William Duckitt van die universiteit sê die baanbrekerplatform stel gevorderde robotika-tegnologie ten toon en demonstreer die krag van inter-dissiplinêre samewerking in ingenieurswese. Hy voeg by die mensagtige robot staan ten volle […]