Tsjad neem amper 700 000 Soedanese vlugtelinge in
Meer as 680 000 Soedanese vlugtelinge het na Tsjad gevlug en in die afgelope maand het 60 000 nuwe vlugtelinge aangekom, volgens die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge. Die oorgrote meerderheid van die nuwe aankomelinge is vroue en kinders en baie bereik die grens nadat hulle lang afstande gestap het. Maar, die lyding eindig […]
Diddy bied US$50m borgpakket aan
Sean “Diddy” Combs het ‘n nuwe borgtogpakket van 50 miljoen Amerikaanse dollar voorgestel in wat hy hoop sy vrylating sal waarborg. Hy is reeds agt weke in ‘n Brooklyn-tronk na hy gearresteer is op klagte van kriminele sekshandel. Hy ontken skuld. In nog ‘n verwikkeling het distriksregter Arun Subramanian, wat toesig hou oor die strafsaak, […]
Premier beklemtoon impak van EU-droogtebystand
Eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het die skenking van droogtehulp deur die Europese Unie verwelkom. Die EU het 3,82 miljoen Namibiese dollar se humanitêre hulp verskaf wat deur Namibiese Rooi Kruis versprei sal word. Kuugongelwa-Amadhila het die lewensreddende impak van hierdie tydige ondersteuning uitgelig.
Angola verbeter verwerking van gas
Angola Liquefied Natural Gas oorweeg toekomstige uitbreidingsopsies, insluitend die toevoeging van drie miljoen metrieke ton per jaar. Ekstra voorraad wat van Chevron verwag word, teen jaareinde en die New Gas Consortium teen die einde van 2025, sal help om die aanleg vir die eerste keer tot volle kapasiteit te neem. Angola se gas-aanleg, wat meer […]
VN verifieer vroue- en kindersterftes in Gaza
Die VN se Menseregtekantoor sê byna 70 persent van die sterftes wat in die Gaza-oorlog geverifieer is, is vroue en kinders, en veroordeel wat hy ‘n sistematiese skending van die fundamentele beginsels van internasionale humanitêre reg noem. Die VN het aan die begin van die oorlog sy monitering begin. Die 8 119 slagoffers wat geverifieer […]
Bokke boaan punteleer met All Blacks wat Ierland klop
Nieu-Seeland het Ierland uitgeskop uit die eerste posisie op Wêreldrugby se ranglys na hulle oortuigende 23-13-oorwinning op die Aviva-stadion in Dublin. Dit beteken Suid-Afrika is vir nou terug boaan die lys, met die All Blacks tweede en Ierland derde. Wêreldrugby se ranglys word amptelik eers Maandag op datum gebring, maar soos dinge nou staan is […]
Namcor sê oor sy boorprogram
Meer inligting is bekend oor Namcor se planne om drie nuwe olie- en gasputte teen die eerste kwartaal van 2025 te boor. Die program is daarop gemik om nuwe reserwes te vind asook om onlangse ontdekkings te ondersoek. Namcor is ook besig om seismiese data in te win en evaluasies te doen in die Oranje-, […]
Bots se demokrasie eerste keer in 60 jaar getoets – Boko
Botswana se nuwe president, Duma Boko, is ingesweer. Die 54-jarige Boko het sy eed voor duisende mense in die nasionale stadion afgelê net nege dae nadat sy Umbrella for Democratic Change die Botswana Demokratiese Party (BDP) by die stembus verpletter het. Hy sê die land se demokrasie het ongebroke, onbewese en ongetoets gebly maar, is […]
Aanvalle op Jode in Amsterdam ontketen herrie
Amsterdam het betogings vir drie dae vanaf Vrydag verbied ná aanvalle op Israeliese sokkerondersteuners deur wat die burgemeester Femke Halsema “antisemitiese tref-en-trap-groepe” genoem het, en Israel het vliegtuie na Nederland gestuur om aanhangers huis toe te vlieg. Onlustepolisie het ingegryp het om hulle te beskerm met minstens vyf mense wat in die hospitaal behandel is. […]
Indië klop Proteas met 61 lopies
Indië was Vrydagaand veels te sterk vir die Proteas in hulle aanvangs-T20-kragmeting op Kingsmead in Durban. Die besoekers het ‘n oortuigende 61-lopie oorwinning behaal en het nou ‘n 1-0 voorsprong in die reeks van vier wedstryde. Indië het 202 vir 8 aangeteken en Suid-Afrika is almal uitgeboul vir 141. Indië se sterkolwer, Sanju Samson, het […]