Kernhoof besoek Iran die week

Rafael Grossi, hoof van die VN se Internasionale Atoomenergie-agentskap. sal Iran Woensdag besoek. Grossi sê hy sal Iran besoek om sy betwiste kernprogram te bespreek en dat hy verwag om saam met die Amerikaanse verkose president Donald Trump te werk. Langdurige kwessies tussen Iran, die agentskap en Westerse moondhede sluit in dat Teheran inspeksiespanne in […]

Read More

Etzebeth sê negende oorwinning was taai

Die Springbokke het Skotland op Murrayfield met 32-15 verslaan in hul negende agtereenvolgende sege oor die gasheer. Makazole Mapimpi het twee drieë in die eerste helfte gedruk, met Thomas du Toit wat ‘n derde bygevoeg het en Jasper Wiese ‘n laat vierde. Skotland is beperk tot die 15 punte van Finn Russell se skopskoen. Dié […]

Read More

AS-leerders net geskors na ongemagtigde godsdiens-sessie

Hoërskool Oshigambo in die Oshikoto-streek het 17 koshuisinwoners op AS-vlak tydelik geskors omdat hulle aan ‘n ongemagtigde, middernagtelike vyf uur-lange godsdiensvergadering deelgeneem het. Dit het ongoedgekeurde prediking en aansprake van bonatuurlike ervarings behels, wat aansienlike kontroversie ontlok het. Die leerlinge het na bewering ‘n verskyning deur die engel Gabriël aangemeld, wat glo hekse onder die […]

Read More

Polisieman ry voetganger op Walvis dood

Die Erongo-polisie sê ‘n lid van die mag, wat aandiens was, het net na tien-uur Saterdagaand ‘n voetganger in Nangolo Mbumba-rylaan in Walvisbaai doodgery. Volgens hoofinspekteur Ileni Shapumba is die Toyota-bakkie  beskadig en die 54-jarige Ruben Nangombe is op die toneel dood. Die bestuurder en sy passasier is ongedeerd. ‘n Ondersoek is gelas na die […]

Read More

Oud-regter Kriegler lei ondersoek na Wilgenhof, Maties-leiers

Afgetrede regter Johann Kriegler sal ‘n paneel van drie lede lei in ‘n ondersoek na bewerings van wanoptrede deur leiers van die Universiteit Stellenbosch. Die bewerings, wat opgehaal is deur die kansellier Edwin Cameron, beweer daar was pogings om ‘n ondersoekende verslag, wat die sluiting van die Wilgenhofkoshuis aanbeveel, te verander. Kriegler se paneel sluit […]

Read More

Swakop begin met registrasie van karwagte

Ses-en-veertig karwagte is amptelik deur die Swakopmund Munisipaliteit geregistreer, as deel van ‘n inisiatief om hul sigbaarheid en professionaliteit te verbeter. Hulle dra uniforms wat deur FNB Namibia verskaf is en het basiese opleiding ondergaan. Kosmos 94.1 Nuus het met die munisipale woordvoerder Linda Mupupa gesels, wat die belangrikheid van karwagte se werk beklemtoon.

Read More

Saara sing Swapo se lofliedere

Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila het Swapo ondersteuners by ‘n saamtrek in die hoofstad toegespreek. Sy het die party se lofliedere gesing oor vordering in infrastruktuur, gesondheidsorg, misdaadvermindering, ekonomiese groei, werkloosheid en armoedeverligting. Statistieke wat vanjaar bekend gemaak is toon vier verkragtings word gemiddeld elke dag in die land aangemeld met 23 000 vee wat in […]

Read More

Toename in oordraagbare voedselsiektes in SA wek kommer

Die hoofsweep van die raad van Ekurhuleni het diepe kommer uitgespreek oor ‘n toename in voedseloordraagbare siektes reg oor Suid-Afrika. Dit sluit die onlangse voedselvergiftiging van leerders van die Tamaho Primary School in Katlehong. Hoofsweep Pelisa Nkunjana eis vinnige regeringsoptrede en doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om ‘n noodtoestand oor kosveiligheid af te […]

Read More

China se ekonomie sukkel steeds

China se verbruikerspryse het in Oktober teen die stadigste pas in vier maande gestyg. Data wat vrygestel is toon ook produsenteprys-deflasie het verdiep, al het Beijing stimulering opgeskerp om die sukkelende ekonomie te steun. Met sy jongste stilmuleringsmaatreëls het die land se top-wetgewende liggaam ‘n pakket van 1,4-duisend-miljard-dollar goedgekeur om die regering se “verborge skuldlas” […]

Read More

Alle oë op Murrayfield vanaand

Honderde Suid-Afrikaanse ondersteuners het die afgelope twee dae saamgedrom by die hotel in Edinburgh waar die Bokke bly om vinnig hulle helde te sien of vir ‘n selfie. Die Bokke pak Skotland vanaand op Murrayfield vir ‘n kragmeting wat gretig afgewag word. Suid-Afrika se formidabele plaasvervangersgroep, met ‘n 7/1-voorspeler-agterspeler-verdeling, sal na verwagting ‘n groot impak […]

Read More