Agt mans beroof egpaar
Die Namibiese polisie sê agt mans het in die vroeë oggendure van Sondag toegang tot ‘n huis in Auasblick gekry. Die mans, me ‘n panga en skroewedraaiers gewapen, het die man en vrou in die huis gedreig, hulle aangerand en weggekom met drie selfone, drie skootrekenaars, juwele en ander items. Die waarde moet nog bepaal […]
Mdluli appelleer regshulpweiering
Die voormalige hoof van Misdaadintelligensie van die Polisie, Richard Mdluli, appelleer teen die Regshulpraad se besluit om hom bystand te weier in sy voortgesette korrupsiesaak. Die hof in Pretoria het ook sy aansoek verwerp dat die SAPD moet betaal vir sy regsonkoste, en hom opdrag gegee om dit te dek. Henry Mamothame van die vervolgingsgesag […]
Oekraïne looi Rusland
Oekraïne het die grootste hommeltuigaanval op Rusland uitgevoer sedert Vladimir Putin se volskaalse inval in 2022. Moskou se Verdediging-ministerie sê hulle het die naweek 84 Oekraïnse hommeltuie oor ses streke onderskep. Dit het veroorsaak dat vlugte van drie van die land se grootste lughawens herlei moes word. Die Oekraïnse weermag sê dit was in reaksie […]
Shaquille vereer Ali
Shaquille O’Neal sê hy wil Muhammad Ali se nalatenskap voortsit nadat hy by die Muhammad Ali-sentrum vereer is vir sy welsynsprojekte, wat die ondergedienste jeug steun. Ali se weduwee, Lonnie, het O’Neal se gees van meelewing lof toegeswaai, wat haar man se ideale uitbeeld. O’Neal, wat ge-inspireer is deur sy ma en Ali, het klem […]
Hoë vlakke van statutêre verkragting beroof moederskap-regte
Volgens die Namibiese Statistieke Agentskap het Namibiese vroue gewoonlik hul eerste kind teen die ouderdom van 21 en gemiddeld vier kinders op 49-jarige ouderdom. Dit laat vrae ontstaan of 21 te vroeg is om ‘n kind te hê en of vier kinders te veel is. Hierdie besluite word beïnvloed deur persoonlike, kulturele en ekonomiese faktore, […]
Laaste been van tydren kampioenskappe op Swakop
Vrydag begin die vyfde en laaste been van die nasionale tydren kampioenskappe op Swakopmund. Die aksie skop af by die M+Z vertoonlokaal met M+Z Motors wat ook die hoofborg is. Francois Lottering het meer.
NSA ontken politieke inmenging met vrystelling van sensusdata
Die Namibiese Statistieke-agentskap ontken politieke inmenging met die vrystelling van statistiek. Dit kom na die Ekonomiese Beleidsnavorsing Vereniging verlede week die agentskap tien dae gegee het om die werkloosheidsyfers bekend te maak of hy wend hom aan die hof. Die statistikus-generaal Alex Shimuafeni sê aan plaaslike media dat die statistieke op 29 Januarie volgende jaar […]
SME-sektor se befondsingsuitdagings onder die loep
Adjunk-jeugminister Emma Kantema het onlangs die belangrikheid beklemtoon om mikro-, klein- en mediumondernemings te ondersteun om werkskepping te dryf en jongmense te bemagtig. Kantema het verwys na die beduidende befondsingsuitdagings wat beginners en klein besighede ondervind. Sy het die behoefte aan praktiese, regeringsgeleide oplossings beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Danny Meyer van SMEs […]
Bitcoin skiet die hoogte in
Die prys van bitcoin het vir die eerste keer ooit bo 80 000 Amerikaanse dollar gestyg en verhandel tans net bo 81 000 dollar. Dit kom ná Donald Trump se beslissende oorwinning in die Amerikaanse verkiesing verlede week sowel as die Republikeine wat al nader kom aan algehele beheer van die Kongres nadat hulle reeds die […]
SAOG-leiers doodstil oor Mosambiek
Daar is kritiek teenoor SAOG-leiers uitgespreek oor almal wat Botswana toestroom terwyl Mosambiek sukkel met geweld en betogings. Daar word ook nie kommentaar daaroor gelewer nie. Leiers het reeds gesê hulle sal die aangeleentheid binnekort bespreek terwyl logistiek geraak word en vervoerstelsels ontwrig word. Politieke ontleder Ndumba Kamwanyah sê enige onstabiliteit in ‘n SAOG-lidland moet […]