Fishrot-saak uitgestel, samevoeging van sake ook - May 20, 2021

Die 10 Fishrot-verdagtes het vroeër voor Regter Christie Liebenberg verskyn met ‘n aansoek om die twee sake, die 150 miljoen doller omkoopsaak en die Nengomar Pesca Namibië belastingontduikingsaak, saam te voeg. Liebenberg het die aansoek tot 12 Julie uitgestel en die voorverhoor verrigtinge tot 17 Junie. Die beskuldigdes se regsverteenwoordigers het bevestig dat hulle al […]

Read More

Beslag gelê op 1 000 skerpioene by grenspos - May 20, 2021

Lede van die Suid-Afrikaanse weermag het by die Beitbrug-grenspos in Limpopo op ‘n uiters ongewone natuurlewe-besending afgekom terwyl hulle die landsgrense beveilig het as deel van Operasie Corona. Hulle het beslag gelê op meer as ‘n duisend keiser-skerpioene, 42 Natalse skarnier-skilpaaie en ‘n Nyl-krokodil. Die diere was styf verpak in plastiekkanne met klein gaatjies daarin […]

Read More

‘Ek het niks om te bewys nie’ – Verstappen - May 20, 2021

Red Bull se Formule Een-bestuurder, Max Verstappen, sê hy het nie nodig om enigiets te bewys nie. Die bestuurshoof van McLaren Racing, Zak Brown, het vroeër gesê ’n botsing tussen Verstappen en die Mercedes-jaer Hamilton op die eerste draai hierdie seisoen is onvermydelik. Hamilton sê hy het dit tot sover reggekry om ‘n botsing te […]

Read More

Dis duurder om in die Suide te bly… - May 20, 2021

Wanneer inflasie syfers in sones ingedeel word dui dit aan dat die sogenaamde derde sone van Namibië, wat Karas, hardap, Erongo en Omaheke insluit, die hoogste inflasie vlakke het teenoor die sentrale en noordelike dele. Jason Kasuto, ‘n plaaslike Ekonoom meen dit handel oor aanvraag.

Read More

Kommer oor omgewing neem toe - May 20, 2021

Internasionale navorsing deur die Ekonomiese Intelligensie-eenheid wat deur die Wêreld-natuurfonds aangevra is, toon openbare kommer oor die natuur het die afgelope vyf jaar met 16 persent toegeneem. Die inligting is bekend gemaak voor Internasionale Biodiversiteitsdag wat die Verenige Nasies vir 22 Mei verklaar het om begrip en bewustheid oor biodiversiteits-kwessies te verhoog. Die verslag toon […]

Read More

Cyril sê konflik in die Midde Ooste herinner aan apartheid - May 20, 2021

President Cyril Ramaphosa sê die konflik tussen Israel en Palestina bring skokkende herinneringe terug aan die geskiedenis van Suid-Afrika tydens apartheid. Minstens 227 mense, waaronder meer as 100 vroue en kinders, het tot dusver in Gaza gesterf en 12 mense, insluitend kinders, in Israel. Ramaphosa sê die situasie is kommerwekkend en Suid-Afrika is bereid om […]

Read More

Onderwysers se salarisse nie vertraag nie - May 20, 2021

Die Namibiese Ministerie van Onderwys het ten sterkste reageer op ‘n stemgreep wat op sosiale media versprei is dat die betaling van onderwysers se salarisse vetraag is. Die Uitvoerende Direkteur in die ministerie Sanet Steenkamp sê dit is onwaar.

Read More

Kolbe wil graag teen die Leeus uitdraf - May 20, 2021

Die Wêreldbekerkampioen-Springbok Cheslin Kolbe sê as hy teen die Britse en Ierse Leeus kan uitdraf sal hy nog ‘n item op sy wenslysie kan afmerk. Hy hoop om sy Franse span, Toulouse, môre te help om die Europese Kampioenebeker te wen wanneer hulle op Twickenham in Londen in die eindstryd teen La Rochelle te staan […]

Read More

Norma getuig weer vandag oor Malusi - May 20, 2021

Oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou, Norma Mngoma, gaan na verwagting vandag oor Eskom getuig voor die staatskapingskommissie. Sy het tydens verlede maand se verskyning gesê Gigaba het geweet die Guptas het ‘n hand gehad in sy aanstelling en dié van Brian Molefe en Siyabonga Gama as uitvoerende hoofde van Eskom en Transnet. Mngoma beweer […]

Read More

Afstands-werksvisum moet ingestel word meen Kaapse owerhede - May 20, 2021

Die Wes-Kaapse regering sê die nasionale regering moet dringend ‘n afstands-werksvisum instel. Kaapstad is opgeneem op Big 7 Travel se jongste lys vir die 50 beste stede vir afstand-werk. Die LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, David Maynier, sê die provinsie beskik oor alles wat nodig is om die beste afstand-werksligging in die wêreld te […]

Read More