
NamRa was onnodig – Swartbooi - April 30, 2021
Die leier van die Grondlose Mense Beweging Bernadus Swartbooi het tydens sy hersiening van die Namibiese begroting melding gemaak van die pasgestigte Namibiese Inkomste-agentskap, NamRa. In sy mening is die agentskap nie nodig nie en die regering is volgens hom ook so ingelig deur sy eie konsultante…
Meer as 334 000 kwesbare kinders kry bystand - April 30, 2021
Die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka sê die meerderheid van haar ministerie se begroting van 5 miljard Namibiese doller word aan toelae bestee. Sy sê daar is net meer as 334 000 kwesbare kinders, 191 000 pensioenarisse en amper 47 000 persone met gestremdhede. Sioka het bygevoeg dat meer as 2 000 huishoudings in […]
Polisielid vas vir veediefstal - April 30, 2021
Plaaslike media berig dat Adjudant Offisier Jesaja Ngalandji van die Karas polisie vroeër die week in hegtenis geneem is op klagte van veediefstal, kwaadwillige saakbeskadiging, dwarsboming van die gereg en meer. Volgens die streek se Misdaad Koördineerder Chrispin Mubebo, het Ngalandji sy rang gebruik om toegang tot vee te kry. Hy het na wat beweer […]
Vries staatsamptenare se salarisse vir 3 jaar – Outa - April 30, 2021
Die Suid-Afrikaanse organisasie teen belastingmisbruik, Outa, het ‘n inset gelewer oor salarisverhogings in die staatsdiens. Dit volg op die Minister van Staatsdiensadministrasie, Senzo Mchunu, se versoek vir insette uit die burgerlike gemeenskap nadat onderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die vereniging vir staatsdienswerkers eis ‘n verhoging van meer as 7 persent, maar die regering sê hy […]
Stad Johannesburg gee skuldverligting, Amupanda reageer - April 30, 2021
Die Stad Johannesburg het aangekondig dat dit ‘n verbeterde skuldverligtingsprogram goedgekeur het. Dit sluit in bykomende skuldverligtings-maatreëls vir eiendomsbesitters wie se munisipale rekeninge weens die Covid-19 pandemie agterstallig geraak het. Dié program sal sorg dat kwalifiserende belastingbetalers ‘n skuldafskrywing van 50 persent ontvang. Dr Job Amupanda Stad Windhoek se Burgemeester sê enigiets is moontlik maar, […]
Ontslape Myeni land vandag - April 30, 2021
Die liggaam van die KwaZulu-Natals-gebore Lindani Myeni sal na verwagting vandag op die OR Tambo-lughawe in Gauteng land na ‘n repatriasievlug uit Hawaii. Die voormalige rugbyspeler is vroeër vandeesmaand deur die polisie in Honolulu doodgeskiet. Die Premier van KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, het gister die Hawaise polisie daarvan beskuldig dat hulle nie swart lewens respekteer nie […]
Leerders domineer weer Covid-syfers - April 30, 2021
Die Namibiese Ministerie van Gesondheid het 174 nuwe Covid-gevalle bevestig uit 1 805 toetse. Kunene loop voor met 39 gevalle en Hardap is tweede geplaas met 32. Khomas het 31, Omaheke 18, Erongo 17, Otjozondjupa 16, Oshana 9 en Karas 7. Die res is landwyd versprei. Daar is 45 leerders, 6 onderwysers, 4 gesondheidswerkers en […]
CR-17 was bo verdenking - April 29, 2021
Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê alles was bo verdenking in sy omstrede CR17-veldtog. Hy het weer ontken dat geld gebruik is om stemme te koop sodat hy by die 2017-verkiesingskonferensie as die party se president verkies kon word. Ramaphosa het aan die staatskapingskommissie vertel dat sy veldtogbestuurders hom nie wou inlig wie sy veldtog befonds […]
NBC: onderhandelings duur voort - April 29, 2021
Die werknemers van die NBC is steeds in vergaderings met die bestuur van die uitsaai korporasie. Woensdag is vergaderings met die Minister van Inligting Peya Mushelenga gehou wat Ihana Mbaha, een van die NBC-werknemers wat die Napwu-vakbond verteenwoordig, as baie positief beskryf het. Daarna is daar vergader met die bestuur en dit blyk om steeds […]
Media word geboelie – Rekateursforum - April 29, 2021
Die Namibiese Redakteursforum het skerp gereageer op die verklaring wat Woensdagmiddag deur die Presidensie uitgereik is. Die forum sê dit is betreurenswaardig dat President Hage Geingob, wat die reg het om te reageer op enige berig, nie vryheid van spraak, wat hy toepas, aan die pers gun nie. Die Voorsitter van die Forum, Frank Steffen […]