Diamante verloor glans, prys onder drukJune 9, 2025

Die vraag na diamante en dus die prys van dié edelgesteendes sal na verwagting onder druk bly, sê Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad. Klein het reageer op Botswana se aankondiging dat produksie by sommige van Debswana se myne tydelik gestaak is in reaksie op ‘n afname in die wêreldwye diamantmark. Dié mark beleef sedert die tweede helfde van 2023 ‘n afswaai, wat veroorsaak het dat Debswana se produksie met 27% tot 17,93 miljoen karaat in 2024 geval het. Kosmos 94.1 Nuus het met Klein oor die vooruitsigte vir diamantpryse gepraat: