
Skokkend dat net 2% van Afrikane geënt is – Ramaphosa - May 20, 2021
President Cyril Ramaphosa het sy oproep herhaal dat Afrikalande hul eie Covid-19-entstof moet kan vervaardig om die voorraad te verhoog. Hy het met Franse media gepraat tydens President Emmanuel Macron se beraad oor die finansiering van Afrika-ekonomieë. Ramaphosa sê dit is onaanvaarbaar dat slegs 2 persent van die vasteland se inwoners ingeënt is:
Gaza: Biden soek stappe vir skietstilstand - May 20, 2021
Die Withuis sê President Joe Biden het aan die Israelse Eerste Minister, Benjamin Netanyahu, gesê hy verwag ‘n beduidende afname in geweld op die pad na ‘n skietstilstand. Die Withuis sê die twee leiers het ‘n omvattende gesprek gevoer oor die stand van sake in Gaza, Israel se vordering om Hamas se bedrywighede te beperk, […]
Maren binnekort tuis – Min. van Justisie - May 20, 2021
Daar word berig dat die Suid-Afrikaanse Minister van Justisie Ronald Lamola nog net die dokumente moet onderteken en dan sal die Windhoek prokureur Maren de Klerk uitgelewer word aan Namibië. De Klerk word betrek by die Fishrot-skandaal en is volgens berigte as betaalmeester ingespan om omkoopgeld vir viskwotas na begunstigdes te kanaliseer. Hy het vroeg […]
Geslagsgeweld onder die loep in Limpopo - May 20, 2021
Regoor die wêreld is afknouery en geslagsgeweld ‘n uitdaging. Vandag lei Limpopo se LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Nkakareng Rakgoale, ‘n veldtog teen boelies, geslagsgeweld en vrouemoord. ‘n Leerder aan die Sekondêre Skool Mbilwi het onlangs selfdood gepleeg nadat ‘n video waar sy geboelie word wyd op sosiale media gedeel is. Die departement se Woordvoerder, Witness […]
Korrupsie strategie vergaderings vorder baie goed - May 20, 2021
Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië gaan voort met sy raadgewende streeksvergaderings om maatreëls te aanvaar om die voorkoming van korrupsie in openbare en private organisasies te bevorder. Die Direkteur-Generaal van die ACC, Paulus Noa sê hy is baie tevrede met die deelname.
Kovsies se inheemse kennisplatform kry hupstoot - May 20, 2021
Die program voorheen bekend as die Universiteit van die Vrystaat se inheemse kennisstelsel, het ‘n jaarlikse Tegnologie- en vernuwings-agentskapsplatform-toekenning van 17 miljoen Namibiese doller ontvang. Dit sal nou bekend staan as die Afrika Medisyne Vernuwing en Tegnologie-ontwikkelingsplatform. Professor Motlalepula Matsabisa sê die platform sal wetenskaplik-gebaseerde oplossings bied wat gebruik maak van inheemse kennis. Sy is […]
Sewesitplek taxi’s eis aanpassings aan wet - May 20, 2021
Meer as 100 sewesitplek taxi-operateurs het ‘n petisie aan die Adjunkminister van Werke en Vervoer, Veikko Nekundi, oorhandig om te eis dat wysigings aan Padvervoerwet bespoedig moet word. Die President van die Sewesitplek Bestuurdersorganisasie, Benedictus Ndjitaviua, eis dat sewesitplek sedanvoertuie ook as langafstandvervoer in die gewysigde wet ingesluit moet word. Hy versoek dat openbare passasier-vervoerpermitte […]
Vroue-joernaliste geteister - May 19, 2021
Vroue-joernaliste word seksueel en fisiek geteister, sê die Internasionale Sentrum vir Joernaliste. Talle vroue in die media ervaar ook beledigende taalgebruik, dreigemente om professionele en persoonlike reputasies te beskadig, digitale veiligheidsaanvalle, wanvoorstelling deur gemanipuleerde beelde en finansiële bedreigings. Die Sekretaris-Generaal van die Redakteursforum van Namibië, Ronelle Rademeyer, gee aan Kosmos 94.1 Nuus haar mening oor […]
Inwoners van Kavango ding mee met krokodille vir water - May 19, 2021
Waterskaarste in die streke van Kavango-Oos en –Wes is ‘n krisis met inwoners wat met krokodille moet meeding om water te kry. Dit is volgens ‘n Raadslid van die Rundu Landelike Kiesafdeling, Paulus Mbangu, die enigste onafhanlike kandidaat. Hy het vandag in die Nasionale Raad tydens die begrotingsdebat vir beter watervoorsiening in die streke gepleit.
Saamgevoegde Fishrot-sake môre weer in hof - May 19, 2021
Die voorverhoor van die veel besproke Fishrot-saak vind môre in die Windhoekse Hoërhof plaas waartydens sake saamgevoeg sal word. Daar is sewe verdagtes: Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Hulle verskyn in twee afsonderlike sake. In die eerste saak is die 7 in hegtenis geneem in […]