
Relationship With International Brides - September 26, 2021
If you’re a first-timer to foreign wedding brides, you may think which a marriage with a foreign female will be complex. However , the truth is not as poor as it tones. While international women could possibly be unfamiliar with local persuits, they tend to become open-minded and willing to give up. Despite the challenges […]
45 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - September 25, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 45 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Aranos en Onandjokwe het 7 elk, Engela 6, Windhoek 5 en Mariental 4. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 1 033 aktiewe gevalle, met 122 690 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 127 227. Die totale sterftesyfer is tans 3 […]
Polisie maak meer besonderhede bekend oor Walvisbaai rooftog - September 25, 2021
Die Namibiese polisie het meer inligting bekendgemaak oor vanoggend se rooftog op Walvisbaai.Inspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-streek het meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.
Die Springbokke word net-net geklop deur die All Blacks - September 25, 2021
Rugby: Die Springbokke het die 100ste wedstryd wat hulle teen die All Blacks gespeel het net-net met 19-17 verloor. Die rustydtelling was 13 – 11 in die guns van die All Blacks. Die twee geswore vyande het hulle Kampioenskapswedstryd gespeel in ‘n neutrale stadion in Townsville in Australië. Volgende Saterdag draf die twee spanne weer […]
Taliban wil strafmaatreëls soos teregstellings en die afkap van hande terugbring - September 25, 2021
Een van die stigters van die Taliban, Mullah Turabi, sê die beweging gaan strafmaatreëls soos teregstellings en die afkap van hande terugbring. Die internasionale media berig Turabi het in die verlede woede oor die Taliban se teregstellings ignoreer omdat dit volgens hom wette in pas met die Koran daar stel. Turabi sê hoewel teregstellings sal […]
Duisende nuwe werksgeleenthede met N2 Wildekus-padprojek in Suid-Afrika - September 25, 2021
President Cyril Ramaphosa sê die N2 Wildekus-padprojek in die buurland kan duisende nuwe werksgleenthede skep. Ramaphosa het die omgewing van Msikaba-brug in die Oos-Kaap besoek om die vordering waar te neem. Die multi-miljard-rand brugprojek van die Suid-Afrikanse Nasionale Pad-agentskap sal vier provinsies, naamlik die Wes- en Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Mpumalanga, verbind. Gedurende die aanbou sal […]
Kontant in transito is op Walvisbaai geroof vanoggend - September 25, 2021
Die Namibiese polisie is besig met ‘n ondersoek na die gewapende roof vanoggend by Pupkewitz Megabuild op Walvisbaai.Kontant in transito is gesteel. Die rowers het volgens berigte met ‘n Volkswagen Polo van die toneel af weggejaag.
Suid-Afrika word dalk oorweeg vir ‘n Grand Prix - September 25, 2021
Motorsport: Formule Een se hoof Stefano Domenicali het onthul nog samesprekings het plaasgevind oor die moontlikheid van ‘n Grand Prix in Suid-Afrika. In ‘n media onderhoud , het hy gesê Kyalami het ‘n sterk saak uitgemaak vir die aanbied van so ‘n wedren in die 2023-seisoen. Maar volgens Domenicali, is F1 ook genader deur ander […]
Wêreld se grootste alge-fabriek in aanbou - September 25, 2021
‘n Vernuwende Sweedse maatskappy bou die wêreld se grootste alge-fabriek om uitlatings-verminderende seewier-voer vir vee te vervaardig. Vier-persent van die wêreld se metaan-uitlatings kom tans van vee, wat twee keer hoër is as dié van die hele pluimveebedryf. Die maatskappy Volta Greentech het ‘n byvoeging ontwikkel wat gemaak word van rooi seewier. As koeie daagliks […]
Fondsinsameling vir die Dickason-gesin - September 25, 2021
‘n Groep oud-Suid-Afrikaners wat in Timaru, Nieu-Seeland, woon het ‘n fondsinsameling vir die Dickason-gesin begin. Dit volg nadat die ma, Lauren Dickason, oorspronklik van Pretoria, na bewering haar drie dogtertjies vermoor en haarself beseer het kort nadat die gesin na Nieu-Seeland verhuis het. Lauren het in die hof verskyn en is na ‘n hospitaal verwys […]