Presidensie kap Beukes, media oor persvryheid
Die Presidensie het skerp gereageer op wat hy as veralgemenings deur veteraan joernalis Jonathan Beukes oor president Nangolo Mbumba se verbintenis tot persvryheid beskryf. Hy sê dis misplaas, en is ‘n wanvoorstelling van feite. Mbumba se woordvoerder, Alfredo Hengari wat gereeld die media aanval, sê die president is ‘n voorbeeldige rentmeester van demokrasie. Beukes sê […]
William is tweede keer sexyste kaalkop
Prins William is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die wêreld se seksieste kaalkopman. Dit is volgens Reboot Online, wat na verskillende faktore kyk, insluitend hoe blink die mans se koppe is en die goue verhouding, tussen die lengte van die gesig en glimlag. Die 42-jarige Prins van Wallis het 9,9 uit ‘n moontlike […]
TransNamib het lof vir Shiimi se samewerking-opdrag aan vakbond
Werknemers van TransNamib het vroeër ‘n betoging gehou en ‘n petisie aan die ministerie van finansies oorhandig oor die heraanstelling van Webster Gonzo as die onderneming se uitvoerende hoof van menslike hulpbronne. Hulle het ‘n beroep op TransNamib-bestuurders gedoen om die aanstelling te heroorweeg aangesien Gonzo van nalatigheid en begunstiging beskuldig word. Finansminister Ipumbu Shiimi […]
Lamola veroordeel beriggewing oor SA se saak teen Israel
Suid-Afrika se Internasionale Betrekkinge minister, Ronald Lamola, het vals inligting veroordeel oor Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Die saak handel oor Israel se beweerde oortredings van die Volksmoordkonvensie in Gaza en wil die land aanspreeklik hou vir sy optrede, insluitend massamoord. Lamola het aan die media gesê die verkeerde inligting trek […]
Elon, Vivek lei doeltreffendheid-departement
Amerika se gekose president Donald Trump het aangekondig die miljardêr, Elon Musk, en voormalige Republikeinse presidentskandidaat, Vivek Ramaswamy, sal in sy administrasie aan die hoof staan van ʼn nuwe Departement van Regeringsdoeltreffendheid. Trump sê dié twee sal die weg baan om ontslae te raak van regeringsburokrasie, onnodige regulasies kanselleer, verkwistende uitgawes besnoei en federale agentskappe […]
Chinese man ry 35 dood oor sy egskeidingsaak
Vyf-en-dertig mense is dood en 43 beseer toe ‘n motoris opsetlik tussen mense ingejaag het by ‘n sportsentrum in die Chinese stad Zhuhai. Die 62-jarige man is aangekeer toe hy probeer vlug het. Die polisie sê hy het homself met ‘n mes gesteek en is in die hospitaal opgeneem. ‘n Voorlopige ondersoek het bevind hy […]
Maak so om afval, besoedeling te verminder
Die Internasionale Atoomenergie-agentskap berig dat plastiekbesoedeling een van die grootste globale omgewingsuitdagings van die eeu geword het. Projeksies toon dat die oseane teen 2050 meer plastiek as vis kan bevat. Verder sê die Internasionale Finansieringskorporasie dat die wêreld meer as 2 miljard ton munisipale vaste afval jaarliks genereer, en dit sal na verwagting met 70 […]
SA werkloosheidkoers daal in derde kwartaal
Die amptelike werkloosheidsyfer vir die derde kwartaal van 2024 het met 1,4-persentasiepunte gedaal tot 32,1-persent, vergeleke met die 33,5-persent vir die tweede kwartaal. Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse arbeidsmagopname was daar ‘n toename van 294 000 in die aantal werkende mense met ‘n afname van 373 000 ten opsigte van werkloses. Die nie-ekonomies-aktiewe bevolking het […]
Kom klimaatsbefondsing-beloftes na: Guterres
Die sekretaris-generaal van die VN, António Guterres, het leiers tydens COP29 in Baku, Azerbaijan, aangemoedig om hul beloftes oor klimaatsbefondsing na te kom. Guterres het die behoefte beklemtoon om aan globale uitstralings jaarliks met tot nege-persent te verminder. Hy het gewys op dringende behoeftes in ontwikkelende lande, veral rakende klimaatsbefondsing, en beklemtoon 80-persent van die […]
Duisende staan tou om stinkende aasblom te sien
Duisende mense staan tou in die Australiese stad, Geelong, vir die seldsame geleentheid om die sogenaamde aasblom te sien en te ruik. Dit het gister begin blom en sommige van die vyf-duisend besoekers op die eerste dag is van mening dit ruik soos ʼn dooie muis. Die plant is inheems aan Indonesië en word as […]