Dippenaar vra vandag vir borg hangende appèl

Landdros Vicky Nikolaidis sal vandag ‘n borgaansoek van Jandre Dippenaar in die Walvisbaai-laerhof aanhoor. Dippenaar doen aansoek om borg hangende sy appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis na die noodlottige ongeluk op 29 Desember 2014 net buite Hentiesbaai. Hy is in Junie vanjaar deur landdros Gaynor Poulton in die streekshof op Swakopmund skuldig bevind en […]

Read More

Trustco vra om op Nasdaq te noteer

Trustco Group Holdings, wat op die Johannesburgse aandelebeurs en die Namibiese aandelebeurs genoteer is, het sy aansoek om op die Nasdaq-aandelemark te noteer aangekondig. Die beplande notering, wat op 11 November ingedien is, het ten doel om Trustco se reikwydte in die wêreldwye finansiële markte te verbreed, veral in Amerika, wat ‘n aansienlike deel van […]

Read More

Franse media dagvaar Musk se X

Groot Franse koerante neem die sosiale mediaplatform X hof toe omdat hy nie betaal vir die gebruik van hulle inhoud nie. Die koerante sluit Le Monde, Le Figaro en Le Parisien in. Hulle betoog hulle word die geld geskuld ingevolge hulle aanvullende regte wat digitale platforms dwing om dagblaaie te betaal vir die verspreiding van […]

Read More

Ovaherero-kultuurfees die naweek

Die Ombazu- en Eraka-fees, wat Ovaherero-erfenis vier en wat die volksmoord van 1904 tot 1908 insluit, word hierdie naweek by Okozonduzu in Okakarara gehou. Die fees word geborg deur die Hitambo Virtual Academy, die Stigting vir Volksmoordopvoeding en die Sentrum vir Holocaust en Volksmoordstudies. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die stigter van die Hitambo […]

Read More

Voorafbetaalde meters in Oshakati uitgerol

Oshakati het planne aangekondig om die doeltreffendheid van voorafbetaalde watermeters te toets voordat die stelsel na die hele dorp uitgebrei word. Die dorpsraad het in die huidige boekjaar 1 miljoen Namibiese dollar vir die voorafbetaalde waterstelsel bewillig, in reaksie op inwoners se jarelange klagtes oor hoë waterrekeninge en hul versoek om voorafbetaalde meters te kry. […]

Read More

Jagter van Otji verskyn weer volgende jaar

Plaaslike media berig dat die jagter en boer van Otjiwarongo, Johan van Rensburg weer op 17 Februarie volgende jaar in die hof op die dorp sal verskyn. Hy is vrygelaat op 20 000 Namibiese dollar na hy aangekla is met die onwettige jag en vervoer van twee krokodille. Volgens die berigte is ‘n krokodilkarkas en […]

Read More

Aartsbiskop van Kantelberg bedank

Die Aartsbiskop van Kantelberg, Justin Welby, het bedank en sê hy is jammer omdat hy nie verseker het daar word na behore ondersoek ingestel na bewerings van misbruik teen ʼn vrywilliger by Christen-somerkampe van die Anglikaanse Kerk nie. John Smyth word daarvan beskuldig dat hy oor vyf dekades 100 seuns en jong mans in Brittanje […]

Read More

Ehra werk aan ondersteuning vir trop na matriarg Mathila, dood is

Die matriarg van die Ugab-olifante, Mathilda, is weens natuurlike oorsake dood. Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, sê Mathilda se dood is die einde van ’n betekenisvolle era vir die trop, aangesien sy bekend was vir haar rustige, leidende teenwoordigheid. In ‘n huldeblyk teenoor Mathilda se nalatenskap, het Ehra sy 2025-kalender vrygestel, met 12 […]

Read More

Akkerbouraad sê oor hemelhoë invoersyfers

Die droogte raak Namibië se landbousektor erg, wat lei tot ‘n vermindering in die produksie van sleutelvoedselgewasse, veral koring en mahangu. Die land moes op invoere staatmaak om in die plaaslike vraag te voorsien. Die bemarkingseisoen vir mahangu het op 1 Junie begin en vir koring op 1 November. Voor hierdie datums was Namibië hoofsaaklik […]

Read More

MIV: 76% van positiewe kinders onder 14 ken hulle status

Daar is amper 7 200 kinders onder die ouderdom van 14 wat MIV-positief is in Namibië. Volgens 2022 se syfers verskaf deur die lynministerie, was daar gedurende die jaar 408 nuwe infeksies en 293 sterfgevalle in die ouderdomsgroep. Ongeveer 76 persent is bewus van hulle status en almal word behandel met 90 persent wat viraal […]

Read More