LWV verkies nuwe bestuur, voorsitter - June 13, 2025

Die Landbou-werkgewersvereniging het so pas hul jaarlikse kongres aangebied, met ’n rekordbywoning van 65 verteenwoordigers. ‘n Praatjie oor geestesgesondheid op plase was baie gewild en gasspreker, Pastoor Wimpie Vernooy, het die gesprek gelei. Kosmos 94.1 Nuus het met Danie van Vuuren gepraat, die vereniging se uitvoerende hoof, wat meer inligting gee.

Read More

Bereik ooreenkoms voor dit te laat is: Trump aan Iran - June 13, 2025

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Iran aangemoedig om ‘n ooreenkoms te bereik en waarsku daar sal meer lewensverlies en verwoesting wees ná Israel se dodelike aanvalle op sy kerngeriewe. Hy het op sy Truth Social-platform geskryf daar is nog tyd om die slagting te beëindig, maar waarsku die volgende aanvalle, wat reeds beplan is, […]

Read More

TransUnion-peiling wys bedrog neem net toe - June 13, 2025

In ‘n peiling in Namibië tussen 21 November en 11 Desember deur TransUnion het 31 persent van die respondente gesê dat hulle die afgelope jaar geld verloor het weens e-pos-, aanlyn-, telefoonoproep- of teksboodskapbedrog. Een-derde, 33 persent van diegene wat sê hulle het geld verloor, sê dit was as gevolg van gesteelde kredietkaarte of bedrieglike […]

Read More

SA se myne-produksie 7,7% laer in April - June 13, 2025

Statistieke Suid-Afrika sê mynbouproduksie was in April op ‘n jaargrondslag 7,7-persent laer. Die grootste daling van meer as 24-persent was in die platinum-groep metale, gevolg deur dalings in goud en steenkool-uitsette. Ystererts is die enigste belangrike mineraal wat groei getoon het, met ‘n styging van 5,3-persent. Juan-Pierre Terblanche van Stats SA sê alhoewel daar ‘n […]

Read More

Jeugraad-geaffilieerdes wil minister sien - June 13, 2025

Die Nasionale Jeugraad se geaffilieerde liggame beskuldig in ‘n verklaring die regering, spesifiek die onderwysministerie, van oortredings van die Nasionale Jeugraad-wet. Dit kom na die Jeugraad se verkose direksie in Desember 2024 verwyder is en vervang is met ‘n beweerde onwettige tussentydse direksie, sonder dat die verteenwoordigende raad geraadpleeg is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels […]

Read More

Nog 3 dwelmmuile op OR Tambo-lughawe aangekeer - June 13, 2025

Die polisie in Gauteng het die afgelope week drie verdagtes op die OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek vir dwelmsmokkelary. ‘n Polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk, sê ‘n Nigeriese burger is met sy aankoms uit São Paolo in Brasilië op pad na Nigerië in hegtenis geneem. Sy sê hulle het ook ‘n burger van Brasilië uit São […]

Read More

Teiken indringers om plaaslike spesies te red - June 13, 2025

Geteikende optrede teen uitheemse indringerspesies kan die risiko van uitwissing van spesies in die Europese Unie met tot 16-persent verminder. Altesaam 3 759 spesies regoor die EU is onder druk of bedreig. Hiervan is 579 opgeteken as bedreigde spesies wat van gebiede buite hul natuurlike gebied ingebring is. Navorsers is van mening die Makaronesiese Eilande, […]

Read More

Olimpiër Heath Ryan geskors oor perd-slaan - June 13, 2025

Perdesport: Die Australiese Olimpiese atleet Heath Ryan is geskors oor ʼn video waarin hy ʼn perd sowat 40 keer met ʼn sweep slaan. Die 66-jarige Ryan sê die voorval het twee jaar gelede plaasgevind en was deel van ʼn reddingspoging om ʼn probleemperd te rehabiliteer. Hy sê alles wat hy gedoen het, was in die […]

Read More

Khomas ervaar laagste inflasie in Mei - June 13, 2025

Die Namibiese Statistieke-agentskap sê Mei se inflasie was op 3,5 persent. In sy verslag sê hy sone 3, of die Suide saam met Omaheke en Erongo, het die hoogste sonale inflasie ervaar op 4 persent ervaar terwyl die noordelike dele, of sone 1, inflasie van 3,5 persent aangeteken het. Khomas, sone 2, het die laagste […]

Read More

SA se vrouemoordsyfers is onder hoogste ter wêreld - June 13, 2025

Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het kommer uitgespreek oor die toename in vrouemoord. Chikunga het verwys na ‘n 2022-opname oor geslagsgeweld, en sê meer as 7,3-miljoen vroue is fisiek mishandel en byna 2,1-miljoen is seksueel aangerand. Die land se vrouemoordgevalle bly onder die hoogste ter wêreld. Die departement […]

Read More