
Vyf Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld - September 9, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het vyf Covid-sterftes in drie distrikte, Opuwo, Oshakati en Engela, aangemeld, asook 69 nuwe gevalle uit 1 476 toetsuitslae, wat ‘n postiewe koers van 4,7 persent verteenwoordig. In die groep is nege leerders en sewe onderwysers van verskillende skole. Daar is nou 1 490 aktiewe gevalle, waarvan 162 in hospitale is en […]
WGO en Universiteit van Wes-Kaap werk saam vir betroubare Covid-data - September 9, 2021
Die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Universiteit van die Wes-Kaap vestig ‘n nuwe sentrum by die instelling wat ‘n streekseenheid sal wees vir die skalering van Covid-19-genome. Alan Christoffels is hoof van die eenheid binne die universiteit se Suid-Afrikaanse Nasionale Bio-inligtings-instituut. Hy het op ‘n nuuskonferensie gesê die baanbrekers-projek en befondsing van meer as 50 miljoen rand […]
Een van wêreld se oudste Humboldt-pikkewyne uitgesit - September 9, 2021
Een van die oudste Humboldt-pikkewyne ter wêreld, genaamd Mo, moes uitgesit word in die Oregon-dieretuin in die VSA. Die dieretuin sê op sy webwerf die 31-jarige Mo het ‘n katarak in sy een oog gehad en bilaterale artritis in sy heupe. ‘n Woordvoerder, Travis Koons, sê hy was eenvoudig baie oud. Mo is op 6 Julie 1990 […]
Master KG het nare ondervinding op vliegtuig - September 9, 2021
Die bekende Master KG is baie gelukkig om veilig op sy tuisgrond in Limpopo te wees ná sy afgryslike ondervinding op ‘n vlug van die Turkse Lugdiens. Die Jeruselama-vervaardiger het op Twitter vertel die vliegtuig se linker-enjin het ontplof kort nadat hulle van Istanbul opgestyg het. Die 25-jarige musiekskrywer het ‘n reeks twiets en ‘n videogreep gedeel wat vlamme in die enjin wys. Hy het ook die vlieëniers […]
Local Tourism is Lekker sê Namibiese toerismesektor gaan na twee jaar groei - September 9, 2021
Een van die stigters van Local Tourism is Lekker het gereageer op herlewing van die toerismesektor na die aankondiging dat die Namibiese toerismeminister, Pohamba Shifeta, môre die toerismesektor gaan toespreek oor die kwessie. Yvonne von Holtz het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê sy verwag dat die toerismesektor wel gaan groei, maar nie binne ‘n jaar […]
Big sê kontanttoelae is diskriminerend - September 9, 2021
Die Basic Income Grant Coalition, oftewel Big, het die 600 Namibiese dollar kontanttoelae van die Namibiese ministerie van armoedeverligting gekritiseer en gesê dit is diskriminerend en moet hersien word. Die ministerie het die kontanttoelae onlangs saam met die Europese Unie en die Wêreldvoedselprogram van stapel gestuur om arm gemeenskappe by te staan wat deur die […]
Leerders in Mpumalanga nie sku om ingeënt te word - September 9, 2021
Mpumalanga se LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, sê dit is bemoedigend dat soveel leerders bereid is om ingeënt te word en hulself en diegene om hulle só teen Covid-19 te beskerm. Hy sê leerders van 18 jaar en ouer daag vrywilliglik op om ingeënt te word by skole waar inentings gedoen word. Majuba doen ‘n […]
SA Staatsdienskommissie bekommerd oor gebrekkige verslagdoening - September 9, 2021
In die buurland is die Staatsdienskommissie bekommerd oor gebrekkige verslagdoening weens die gevolge-bestuursbenadering wat die Nasionale Tesourie aanvaar het oor departemente en provinsies wat herhaaldelik nie betalings doen nie. Die kommer is vervat in die kommissie se “Pols van die Staatsdiens”-bulletin vir die tweede kwartaal. Die Nasionale Tesourie het ‘n jaarlikse verslag vrygestel oor verskaffers […]
Vier tuna-spesies se getalle herstel - September 9, 2021
Vier tuna-spesies toon tekens van herstel ná te veel vis gevang is. Die jongste rooilys van die Internasionale Unie vir Natuurbewaring toon die Atlantiese blouvintuna het geskuif na die kategorie wat die minste kommerwekkend is nadat dit in die bedreigde kategorie was. Die Suidelike blouvin word tans as bedreig beskou en nie meer kritiek bedreig […]
Kleinboere sukkel in Suid-Afrika - September 9, 2021
Die Mededingingskommissie in Suid-Afrika sê in ‘n verslag oor die monitering van noodsaaklike voedsel se pryse dat kleinboere besondere uitdagings die hoof moet bied. Volgens die verslag is die landbouwaardeketting in Suid-Afrika ‘n hoogs ontwikkelde bedryf en word deur super-kommersialisering van produksie deur grootskaalse boerdery gekenmerk. Die kommissie sê kleinboere word dus versmoor deur die genadelose magte […]