Geingos se #LoveProtects reik uit - September 7, 2021

Die Presidentsvrou Monica Geingos se Love Protects-veldtog is op 16 Junie vanjaar van stapel gestuur in ‘n poging om waninligting en fopnuus oor Covid hok te slaan. Die veldtog stel ook inligting oor die inentings bekend en poog om vrae van lede van die publiek te beantwoord. Daar is weer môre om tien-uur ‘n geleentheid […]

Read More

Verligting oor drankverkope - September 7, 2021

Daar is groot verligting oor die aangepaste, verslapte maatreëls wat in die Staatskoerant gepubliseer is. Alkoholverkope kan nou Saterdae vanaf nege-uur soggens tot nege-uur saans plaasvind en drankwinkels mag ook tussen nege en een verkoop. Shebeen-eienaars het onlangs ‘n versoekskrif aan die regering gerig en gesê die naweek-verbod dryf hulle tot bankrotskap. Terwyl die aanpassings […]

Read More

Armoede dryf strikke, stropery sê kenner - September 7, 2021

Nes in Namibië is strikke ‘n uitdaging op beide privaatgrond en natuurreservate. ‘n Berig is ontvang oor ‘n groot kameelperdbul wat in ‘n reservaat in Limpopo met ‘n draadstrik aan sy agterbeen rondloop, en die Hoop vir Natuurlewe-span in Hoedspruit moes vinnig reageer. Die helikoptervlieënier en leier van die span, Jana van der Merwe, sê […]

Read More

Doodsdreigemente as tennisspelers verloor - September 7, 2021

Professionele vroulike tennisspelers sê hulle ervaar doodsdreigemente wanneer hulle ‘n wedstryd verloor. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Amerikaner Shelby Rogers gesê het, na sy verloor het by die Amerikaanse Ope dat sy weereens doodsdreigemente op sosiale media sal ontvang. Rogers het bygevoeg dat sy beledig word en ‘n vet vark genoem word. Toe nog ‘n […]

Read More

Nog rekord-uitvoere vir SA - September 7, 2021

Die sitrusuitvoerbedryf in Suid-Afrika gaan na verwagting verlede jaar se rekords verbeter, ondanks die baie uitdagings waarmee die Suid-Afrikaanse landboubedryf te kampe het. Uitvoere gaan na verwagting van verlede jaar se 143 miljoen kartonne tot 163 miljoen vanjaar vermeerder. Volgens die uitvoerende hoof van die Sitruskwekersvereniging, Justin Chadwick, is dit ondanks ‘n relatiewe klein oes […]

Read More

Vrylating van misdadigers sonder DNS-verskaffing skend Grondwet - September 7, 2021

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie, Action Society, sê hulle prokureurs het ‘n brief aan betrokke owerhede gestuur om aan te dring op die dringende implementering van die Wysigingswetsontwerp op Forensiese Prosedures. ‘n Woordvoerder, Elanie van der Walt, sê dit volg na amptelike bevestiging dat meer as 96 000 gewelddadige misdadigers sedert 2016 op parool vrygelaat is sónder […]

Read More

Harris deur na kwarteindronde van Amerikaanse Ope - September 7, 2021

Lloyd Harris van Suid-Afrika sê dit is ‘n ongelooflike gevoel om vir die eerste keer in sy loopbaan tot die kwarteindronde van die Amerikaanse Ope deur te dring. Hy het 62 wenners geslaan om die Amerikaner Reilly Opelka met 6-7, 6-4, 6-1, 6-3 in twee-uur-en-31-minute te klop. Harris, wat nou teen die vierde gekeurde Alexander […]

Read More

Wat in Guinee gebeur het, sal nie in vandag se Zim gebeur nie - September 7, 2021

Die staatsgreep in Guinee het weer die aandag gevestig op Afrika-regerings en demokratiese instellings op die vasteland. In Zimbabwe is oudpresident Robert Mugabe ook uit die kussings gelig met die hulp van die land se weermag maar, volgens die politieke ontleder in die buurland, Setfree Mafukidze, is dit iets van die verlede. Hy sê die […]

Read More

Sout-uitvoere presteer uitstekend - September 7, 2021

Sout-uitvoere vanaf die Walvisbaai-hawe het skerp toegeneem. Namport sê dat grootmaat sout-uitvoere tussen April en Julie verlede jaar van net meer as 93 000 metrieke ton tot net minder as 131 000 metrieke ton toegeneem het. Verpakte sout het effe afgeneem van 46 500 ton verlede jaar vergeleke met amper 30 000 ton in dieselfde […]

Read More

Vrou doodgesteek in kroeg na bakleiery met vriend - September 7, 2021

‘n Vrou van 26 is op die toneel in ‘n Grootfonteinse kroeg dood toe sy in haar bors met ‘n mes gesteek is, vermoedelik deur haar kêrel. Die Namibiese polisie se streeks koördineerder vir misdaad ondersoeke, adjunk-kommissaris Naukalemo Andreas sê die vrou is as Elizabeth Mutwamezi geïdentifiseer. Getuies op die toneel het aan polisie gesê […]

Read More