Wildmisdaad: 18 verdagtes vas - June 14, 2021

Volgens die Namibiese wildmisdaadverslag is 18 vermeende wildmisdadigers in hegtenis geneem en nege nuwe sake aanhangig gemaak. Beslag is op twee elk renosterhorings, stukke olifanttande en luislangvelle gelê, asook een lewende ietermagô en drie ietermagôvelle, en een elk kameelperdvel en hiënavel.

Read More

IPC vra vir goedkeuring van Ivermektien - June 14, 2021

Die stryd om Covid-19 te beveg, is ‘n voortdurende stryd in hospitale en die politieke arena. Die jongste wat sy stem by die stryd teen die pandemie gevoeg het, is dr. Panduleni Itula van Independent Patriots for Change, wat blykbaar kritiek lewer op die weiering van die regering om die gebruik van Ivermektien vir die […]

Read More

PSEMAS moet hersien word. - June 14, 2021

Volgens berigte is die Namibiese mediese fonds vir staatsamptenare, PSEMAS, tans in die moeilikheid. Die regering het PSEMAS al by verskeie geleenthede as onvolhoubaar beskryf en hersiening is nodig. Omu Kakujaha-Matundu , senior lektor in die departement ekonomie aan die Universiteit van Namibië het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel.

Read More

Vliegtuigkaartjies in Afrika te hoog - June 14, 2021

Gereelde lugreisigers in Afrika meen die koste van vliegtuigkaartjies is te hoog. Die kwessie is so ernstig dat die Afrika Lugvaartbedryfsgroep virtueel vergader het om die oorsake van die hoë koste van vliegtuigkaartjies te bespreek en te takel. Anthea Basson, nasionale inligtingsbeamptes van die Verenigde Nasies se Inligtingsentrum het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.

Read More

Alweendo vergadaer op Oshikango met vulstasie-eienaars - June 14, 2021

Ná ‘n noodkreet van vulstasie-eienaars in die noorde van Namibië, het Tom Alweendo, die minister van myne en energie, vandag ‘n vergadering met belanghebbendes gehad om die kwessie van die verkoop van onwettige brandstof te bespreek. Die vergadering word beskou as die begin om ‘n oplossing te vind vir onwettige aktiwiteite wat nie net die […]

Read More

Namibiese biere wen ses medaljes - June 14, 2021

Namibië het ses medaljes by Afrika se grootste bierkompetisie verower. Namibië was goed verteenwoordig in die 2021 African Beer Cup, met plaaslike brouerye wat ses medaljes huis toe geneem het. Die Windhoek-gebaseerde mikrobrouery Roof of Africa het twee silwer en een bronsmedalje gewen. Camelthorn Brewing Company en Swakopmund Brewing Company, albei deel van Namibia Breweries, […]

Read More

Klimaatsverandering ‘n bron van kommer vir boere - June 14, 2021

Die LUR vir landbou in Mpumalanga, Vusi Shongwe, sê klimaatsverandering is vir elke boer en burger ‘n ernstige bron van kommer en daarom is dit uiters belangrik om weerpatrone en rampbestuurs-waarskuwings dop te hou. Bedreigings soos droogtes, oorstromings, veldbrande en ryp is niks vreemd nie, en kom herhaaldelik voor in Suid-Afrika. Die departement het sy […]

Read More

Johnson & Johnson: 300 000 duisend entstowwe vir onderwysers - June 14, 2021

Driehonderdduisend dosisse van Johnson en Johnson se entstof sal binne dae gereed wees vir onderwysers in Suid-Afrika, sê Aspen. Die farmaseutiese maatskappy se verder hy is ongelooflik teleurgesteld dat ‘n besending van twee miljoen van Johnson en Johnson se entstof verwoes moet word, omdat dit besmet is.

Read More

Namibiese biere wen ses medaljes - June 14, 2021

Namibië het ses medaljes by Afrika se grootste bierkompetisie verower. Namibië was goed verteenwoordig in die 2021 African Beer Cup, met plaaslike brouerye wat ses medaljes huis toe geneem het. Die Windhoek-gebaseerde mikrobrouery Roof of Africa het twee silwer en een bronsmedalje gewen. Camelthorn Brewing Company en Swakopmund Brewing Company, albei deel van Namibia Breweries, […]

Read More

Man sterf tydens jaguitstappie by Gochas - June 14, 2021

‘n Jaguitstappie die naweek op die plaas Asis in die Gochas-distrik het skeefgeloop toe ‘n 52-jarige man noodlottig deur ‘n koeël getref is. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het ‘n groep van nege mans gaan jag. Na bewering het die bestuurder van die bakkie skielik gerem, en ‘n skoot van ‘n jagter agter op […]

Read More