Rassisme is nie die probleem nie - June 14, 2021

Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede sê die meerderheid van Suid-Afrikaners stem saam dat bewerings van rassisme as ‘n verskoning gebruik word om hulle mislukkings toe te smeer. Dit is gebaseer op data van ‘n peiling wat die organisasie gedoen het. Die instituut het ‘n nuwe inisiatief, Racism is not the Problem, van stapel gestuur. ‘n Navorser […]

Read More

Biden wil nou saam met nuwe Israelse premier werk - June 14, 2021

President Joe Biden, het Israel se nuwe eerste minister, Naftali Bennett, geluk gewens en groter samewerking tussen die twee lande herbeklemtoon. Bennett is ingesweer en het na 12 jaar ‘n einde aan die regering van Benjamin Netanyahu gebring. Bennett, ‘n regsgesinde nasionalis, gaan ‘n koalisieregering tot September 2023 lei. Daarna sal die hoof van die […]

Read More

Keetmans verkoop goedkoper erwe - June 14, 2021

Die munisipaliteit van Keetmanshoop het die prys van erwe by die dorp se nuwe Brukkaros uitbreiding na 16 900 dollar toe verlaag. Volgens die munisipaliteit se skakelbeampte Dawn Kruger is die stap geneem in ‘n poging om lae-inkomste families by te staan om ‘n erf te bekom. Die aanvanklike prys was net minder as 31 […]

Read More

Katima-inwoners moet steeds paraat wees vir olifante - June 14, 2021

Die groep olifante wat vermoedelik van Zambië by Katima Mulilo verlede week Maandag opgedaag het is steeds in en om die dorp. Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing Romeo Muyunda sê die situasie word deurentyd gemonitor maar het weer inwoners gemaan om die diere uit te los en versigtig te wees.

Read More

Tradisionele owerheid lê boete op vir sandontginning - June 14, 2021

Plaaslike media berig dat die Oukwanyama tradisionele owerheid ‘n boete van 668 000 Namibiese dollar aan ‘n siviele ingenieurs maatskappy vir die onwettige ontginning van sand opgelê het. Luidens berigte het die maatskappy na bewering tussen Augustus 2018 en September 2019 sand by die Ohailulu nedersetting ontgin sonder om klaring by die ministerie van omgewingsake […]

Read More

Klimaatsverandering: en die geld? - June 14, 2021

Oxfam Internasionaal sê dit is onaanvaarbaar dat die meeste G7-leiers versuim het om opnuut aankondigings te doen oor klimaatsfinansiering. Ryk lande het hul doelwit herbevestig om aardverwarming tot 1,5 grade Celsius te beperk. Hulle het ook ooreengekom om teen die einde van die dekade 30 persent van die omgewing te beskerm en te herstel. Max […]

Read More

Versigtig om net tradisionele energiebronne te onttrek - June 14, 2021

President Cyril Ramaphosa sê die eksistensiële bedreiging van klimaatsverandering vereis niks minder nie as dringende, ambisieuse en kollektiewe optrede deur al die lande van die wêreld. Hy het aan die einde van die G7-leiersberaad in Brittanje gesê leiers moet versigtig wees om nie ‘n algemene benadering ten opsigte van onttrekkings van tradisionele energiebronne te bepleit […]

Read More

Ons herdenk Wêreld-bloedskenkersdag - June 14, 2021

Vandag is Wêreld-bloedskenkersdag. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die doel met dié dag is om bewustheid te kweek oor die behoefte aan veilige bloed en bloedprodukte vir oortappings. Hulle wil egter ook klem plaas op die kritieke bydrae van vrywillige, onbetaalde bloedskenkers tot die onderskeie lande se gesondheidstelsels. Titus Shivute van die Namibiese Bloedoortappingsdiens het met Kosmos […]

Read More

SA-diplomate het onwettig drank verkoop - June 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Dirco, waarsku dat nóg diplomate ondersoek word vir beweerde betrokkenheid by onwettige drankhandel. Verskeie buitelandse regeringsamptenare van Lesotho en al Malawi se diplomate is verlede week 72-uur gegee om die land te verlaat. Dirco sê ‘n ondersoek het onthul hulle het glo alkohol in grootmaat van doeanevrye […]

Read More

ANC-regering besit amper 10 miljoen hektaar - June 14, 2021

Die DA sê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het onthul dat daar 9,8 miljoen hektaar grond onder sy voogdyskap geregistreer is. Dit volg nadat die ANC en die EFF van plan is om ‘n klousule oor staatsbewaring in die Wysigingswetsontwerp op Artikel 25 in te sluit om die onteiening van grond sonder […]

Read More