Boksafrigter sê Nakathila gaan in VSA wen - May 14, 2021

Jeremiah Nakathila gaan op 12 Junie teen Shakur Stevenson in Amerika veg. Nakathila se afrigter Nestor Tobias het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en gesê die bokser is gereed. Hy sê die hy weet die opponent is een van die beste, maar hy is verseker van ‘n oorwinning vir Nakathila.

Read More

SA man 25 tronk toe vir bakkerymoord - May 14, 2021

In die buurland is ‘n drie-en-veertigjarige man in die Mafikeng-hooggeregshof in Noordwes tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en roof. Orapeleng Patrick Ratilodi se inhegtenisneming het gevolg op ‘n voorval in 2018 in die Mogopela-distrik in Taung. ‘n Polisiewoordvoerder, Aafje Botma, sê ‘n bakkery se werknemer is tydens ‘n rooftogpoging doodgeskiet.

Read More

Aussie sportdirekteur stamp man van fiets af - May 14, 2021

Die Sportdirekteur van die Australiese fietsryspan BikeExchange, Gene Bates, is uit die Giro d’Italia verban nadat hy ‘n deelnemer met die spanmotor van sy fiets afgestamp het. Pieter Serry het geval nadat die voertuig hom van agter getref het. Die ryer van die span Deceuninck-Quick Step was besig met die laaste klim van die sesde […]

Read More

Sowat 35% Amerikaners ingeënt - May 14, 2021

Die Amerikaanse President, Joe Biden, het die aankondiging van dié land se sentrum vir siektebeheer verwelkom dat mense wat volledig teen die Covid-virus ingeënt is, nie meer maskers hoef te dra nie, hetsy in ‘n gebou of buite. Sowat 35 persent van Amerikaners is reeds volledig ingeënt. Die direkteur van die sentrum, Rochelle Walensky, sê […]

Read More

Old Mutual lei jeug op vir aandelebeurs - May 14, 2021

Old Mutual het ‘n vennootskap van drie jaar met die Namibiese Aandelebeurs gesluit om Namibiese jeug in kapitaalmarkte verhandeling op te lei. Die waarde van die borgskap vir die Namibiese Skoliere Beleggingsuitdaging is 200 000 Namibiese doller per jaar. Die uitdaging is in 1988 van stapel gestuur om universiteitstudente en leerders tussen graad 10 en […]

Read More

SA opposisieparty kap omgewingsbegroting - May 14, 2021

Die Vryheidsfront Plus sê die toegewese begroting van 8,7 miljard Namibiese doller van die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing is ‘n skamele 0,6 persent van die Suid-Afrikaanse regering se totale 2021/2022-begroting en hierdie toewysing is heeltemal te min. ‘n VF Plus-parlementslid, Wynand Boshoff, sê toekomstige geslagte se erfenis verdien ‘n groter belegging. Hy […]

Read More

SA wil klimaatsverandering bekamp - May 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Barbara Creecy, sê stappe word gedoen om seker te maak Suid-Afrika dra sy deel by tot wêreldwye pogings om klimaatsverandering te bekamp. Daarom het die regering die nuwe presidensiële koördineringskommissie vir klimaatsverandering gestig. Sy het haar departement se 2021/2022-begroting van 8,7 miljard Namibiese doller gelewer en […]

Read More

Geweldsmisdaad styg in SA - May 14, 2021

Die Suid-Afrikaanse Minister van Polisie Bheki Cele het sy kommer uitgespreek oor die styging in geweldsmisdaad en veral moord in die land. Cele het die kwartaallikse misdaadstatistiek-verslag bekend gemaak waaruit dit blyk dat 4 976 mense tussen Januarie en Maart vanjaar in Suid-Afrika vermoor is. Dit toon ‘n toename van 8,4 persent terwyl syfers in […]

Read More

Koue kom vir verre Suide - May 14, 2021

Die Windhoekse Weerkantoor waarsku teen koue wat die verre Suide die naweek kan bereik. Weervoorspeller Richard Nashikaku het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kouefront sal die Kharas-streek môre bereik met temperature wat tot onder 10 grade Celcius sal daal.

Read More

Weiding in Omusati nie oral goed - May 14, 2021

Alhoewel Namibië ‘n goeie reënseisoen gehad het, word aangeneem dat weiding vir vee in al die uithoeke van die land goed sal wees. Veediewe teiken ook vee as hulle in die weivelde wei. Omusati-goewerneur Erginus Endjala sê nie alle dele in Omusati het goeie reën gehad nie. Hy gee die jongste nuus oor veediefstal en […]

Read More