Bipa beraadslaag oor intellektuele eiendomJune 6, 2025

Die Owerheid vir Besigheid en Intellektuele Eiendom, Bipa, het ‘n belanghebbende-werksessie in Windhoek aangebied oor die ontwikkeling van ‘n intellektuele eiendom-raamwerk. Die sessie het ook die voorgestelde kopieregheffingstelsel bespreek. Swapo parlementslid Fenny Tutjavi het gesê ‘n kopiereg-raamwerk sal ‘n inkomste aan skeppendes soos skrywers, musikante en uitsaaiers verskaf. Dit sal ook innovasie aanmoedig, die sektor professionaliseer en volhoubare loopbaanpaaie skep, veral vir die jeug. Die kopieregfonds sal deur Bipa namens die regering bestuur word. Fondse sal aan ‘n kollektiewe bestuursorganisasie oorgedra word vir verspreiding aan skeppendes.