Bibi bewapen bendes in GazaJune 6, 2025
Israeliese media berig dat die regering van premier Benjamin Netanyahu wapens en steun aan kriminele bendes in Gaza aanbied, glo as deel van ‘n poging om gewapende groepe wat Hamas teenstaan, te versterk.Van die bendelede is na bewering verantwoordelik vir die buitmaking van humanitêre hulp in Gaza. Satellietfoto’s en videos wat deur die koerant Haaretz geverifieer is, wys dat ‘n nuwe Palestynse militia aktief is binne ‘n gebied onder direkte beheer van die Israeliese weermag. Netanyahu sê in ‘n video op sosiale media Israel het ‘n paar Palestynse familie-stamme in Gaza ‘geaktiveer’, op advies van ‘veiligheidsamptenare’, om lewens van Israeliese soldate te red.