DA verwelkom arres van Louis Liebenberg, medebeskuldigdes
Die DA verwelkom die inhegtenisname van Louis Liebenberg, sy vrou Dezzi en sewe medewerkers weens hulle beweerde betrokkenheid by ‘n 4 miljard Suid-Afrikaanse rand bedrogspul met diamantbeleggings. Liebenberg het onder meer Jacob Zuma se regsgedinge befonds. DA-woordvoerder, Willie Aucamp, loof die rol van die voormalige parlementslid, Veronica van Dyk, wat ondanks intimidasie en hofsake die […]
Turkye sê moontlike terreuraanval by lugvaartmaatskappy
Turkye se binnelandse sake-minister, Ali Yerlikaya, sê ‘n ontploffing en aanval deur gewapende mans by die hoofkwartier van die nasionale lugvaartmaatskappy, Tusaş, buite Ankara was ‘n terreuraanval. Hy sê daar is dooies en gewonde mense op die toneel. Die groot ontploffing het buite die gebou plaasgevind, te midde van berigte dat geweervuur ook gehoor is. […]
Nieu-Seelander slaan wêreldrekord 200 van net 103 aflewerings
Krieket: Die Suid-Afrikaans-gebore Nieu-Seelander, Chad Bowes, het die wêreldrekord verbeter vir die vinnigste dubbele honderdtal in Lys A-krieket toe hy 200 van net 103 balle aangeteken het. Die kolwer van Canterbury het die prestasie behaal gedurende ʼn wedstryd teen Otago in Christchurch. Hy het daarmee die vorige rekord verbeter van die Suid-Australiese kolwer, Travis Head, […]
NamChefs bied Sjef van die Jaar-kompetisie aan
Die Namibiese Sjefsvereniging, NamChefs, bied van môre tot Saterdag die Sjef van die Jaar-kompetisie aan by die NUST Hotelskool se opleidingskombuis. Die kompetisie het ten doel om Namibië se kulinêre talent ten toon te stel en plaaslike kookkuns te bevorder. Deelnemers sal in drie kategorieë meeding naamlik skole, junior vir sjefs met minder as 5 […]
‘Goue seun en meisie’ van boogskiet gekroon
Burton Weakley en Teresa Kasomba, twee van Namibië se knapste jong boogskutters, het die titels van “goue seun” en “goue meisie” verwerf deur African Genesis Archery Namibia se nasionale titels te wen. Hulle het nou hul visier op die Olimpiese Spele. Die boogskutters is albei 17 jaar oud en kom van onderskeidelik Windhoek Hoërskool en […]
Schlettwein smeek vir water-befondsing in klimaatsverandering
Landbouminister Calle Schlettwein het in ‘n paneelbespreking by die 10de Waterkonvensie-byeenkoms in Slowenië, Namibië en Angola se effektiewe samewerking in oorgrens-waterbestuur uitgelig. Namibië deel al sy standhoudende riviere met buurlande. Schlettwein sê die samewerking is instrumenteel in die aanspreek van waterskaarste, die versterking van klimaatsveerkragtigheid en die versekering van regverdige waterhulpbrontoewysing. Hy het ook die […]
Hernubare energie nodig en dis nie duur, sê kundige
Afrika en ook Namibië ondergaan vinnige ekonomiese ontwikkeling en verstedeliking, en dus ‘n toename in energievraag. Die opwekking van elektrisiteit deur fossielbrandstowwe is egter skadelik vir die omgewing. Namibië is tans op pad om deur groenwaterstof-inisiatiewe sy kraglewering te ontkool. Marco Raffinetti, die uitvoerende hoof van Hyphen, het by ‘n onlangse mediageleentheid meer oor hernubare […]
SA inflasiekoers sak tot 3,8%
Suid-Afrika se inflasiekoers het verlede maand tot 3,8-persent gedaal, van 4,4-persent in Augustus, die laagste vlak sedert vroeg-2021. Dit is die vierde agtereenvolgende maand dat inflasie daal, hoofsaaklik as gevolg van laer vervoerkoste nadat brandstofpryse vanaf verlede jaar met nege-persent gedaal het. Woordvoerder van Statistieke Suid-Afrika, Patrick Kelly, sê die daling het verwagtinge van ‘n […]
Twee dood toe boot met 50 migrante in Engelse Kanaal sink
Twee mense is dood toe ‘n boot met migrante in die Engelse Kanaal gesink het. Volgens Franse maritieme owerhede het die voorval vanoggend aan die kus van Sangatte, naby Calais, plaasgevind. Ongeveer 50 migrante het volgens berigte sowat twee-kilometer van die kus naby Calais in die water beland. Minstens 46 mense is gered terwyl die […]
Bangladesj het voorsprong van 81 lopies teen Proteas
Krieket: Bangladesj het ‘n voorsprong van 81 lopies ná die derde dag van die eerste toets teen Suid-Afrika in Mirpur. Die gashere het ‘n eerstebeurt-agterstand van 202 lopies gehad, maar Mehidy Hasan Miraz het vasgeskop met ‘n onoorwonne 87, terwyl Jaker Ali 58 lopies en Mahmudal Hasan Joy 40 bygedra het. Bangladesj hervat môre hul […]