Rugby: Chasing the Sun 2 se première op 24 Maart

Rugby: SuperSport het aangekondig Chasing the Sun 2 – A Story for South Africa – word op 24 Maart vrygestel. Dit is die opvolg van die eerste reeks wat die Springbokke se pad na ’n oorwinning in 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan beskryf het. Die nuwe reeks van vyf episodes beskryf die span se triomftog […]

Read More

DA-leier sê Tintswalo se SA droom verkeer in gevaar

Die DA het die ANC se bestuur gekritiseer, met verwysing na die verbroke beloftes wat burgers soos Tintswalo nadelig geraak het. Die party het eenheid aangemoedig en verklaar Tintswalo, Fatima, Johan en Sipho sal in die komende verkiesing vir die DA stem om die Suid-Afrikaanse droom te red. Tydens die staatsrede-debat het die party se […]

Read More

Riviere bly bestendig

Die Okavangorivier by Rundu het effe gestyg en het vanoggend op 5,62m gevloei, volgens die Namibiese Hidrologiese Dienste. Die Zambezirivier by Katima Mulilo het geen verandering getoon nie en is steeds op 1,65m. Die Kunenerivier by Ruacana vloei weer sterker teen 306,3 kubieke meter per sekonde, wat dubbel die vloei van dieselfde tyd verlede jaar […]

Read More

George-munisipaliteit maak tuine van stortingsterreine

Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê ou bande word nou gebruik om sekere onwettige stortingsterreine te verfraai en plantegroei aan te moedig, in ‘n poging om te keer dat gemeenskappe herhaaldelik op dieselfde plek stort. Inwoners word versoek om die stad te help om onwettige storting hok te slaan deur die nuus te versprei die […]

Read More

Food and Allied Workers’ Union bekommerd oor SAB werkverliese

Die Food and Allied Workers’ Union, Fawu, daag SA Brouerye se onlangse afleggings uit, met verwysing na bedryfsbehoeftes. Ongeveer 214 werknemers staan voor afleggings, aangesien 41 werknemers verlede jaar hul werk by die onderneming verloor het. FAWU het SA Brouerye se voortdurende werkbesnoeiings gekritiseer sedert sy verkryging deur A-B-Inbev in 2016. Die vakbond beweer die […]

Read More

Broos herhaal hy bly by Bafana Bafana

Sokker: Hugo Broos het herhaal dat hy hom verbind het om as Bafana Bafana se afrigter aan te bly. Broos het Suid-Afrika tot ‘n derde plek in die Afrika-bekertoernooi gelei wat deur die gasheerspan Ivoorkus gewen is. Broos se kontrak verstryk in Junie 2026 . Hy sê die enigste manier waarop hy sal vertrek, is […]

Read More

Hopelik is Katutura-hospitaal se opknapping nie stemkopery nie

Die Katutura Intermediêre Hospitaal in Windhoek ondergaan tans aansienlike opknappingswerk om gesondheidsorgdienste vir die gemeenskap te verbeter nadat die regering 40 miljoen Namibiese dollar vir die projek bewillig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die nuwe Landless People’s Movement-woordvoerder Lifalaza Simataa gepraat, wat sê dit is hoog tyd dat daar opknappings gedoen word. Die party […]

Read More

Van der Rheede gesels oor sy visie vir FW-stigting

Die FW de Klerk-stigting het Christo van der Rheede vanjaar as sy nuwe uitvoerende direkteur aangestel het. Van der Rheede is mees bekend onder Kosmos 94.-luisteraars as die uitvoerende hoof van AgriSA en het tussen 2015 en September verlede jaar in die amp gedien. Hy het met Kosmos 94.1 gesels oor sy visie vir die […]

Read More

Navo sê môre oor opbetaalde lede

Sowat twee derdes van Navo se 31 lidlande sal na verwagting die verdediging-bestedingsteiken van twee persent van die BBP in 2024 bereik, byna dubbeld verlede jaar se getal. Alliansiehoof, Jens Stoltenberg, moet môre Navo se nuwe ramings uiteensit nadat voormalige Amerikaanse president Donald Trump ‘n politieke storm ontketen het deur te sê hy sal Rusland […]

Read More

Rooisee kan moontlik Britte van hulle tee ontneem

Britte sal dalk ‘n tekort aan sy allerbelangrike tee moet trotseer nadat die supermarkbedryf gewaarsku het oor ‘n risiko oor voorraad as gevolg van onderbrekings in die Rooi See. Die Britse kleinhandelkonsortium sê dat dit ‘tydelike ontwrigting’ aan sommige swartteelyne ervaar, en ‘n bron in die bedryf het gesê daar was vertragings vir gegeurde lyne. […]

Read More