Hopelik is Katutura-hospitaal se opknapping nie stemkopery nie

Die Katutura Intermediêre Hospitaal in Windhoek ondergaan tans aansienlike opknappingswerk om gesondheidsorgdienste vir die gemeenskap te verbeter nadat die regering 40 miljoen Namibiese dollar vir die projek bewillig het. Kosmos 94.1 Nuus het met die nuwe Landless People’s Movement-woordvoerder Lifalaza Simataa gepraat, wat sê dit is hoog tyd dat daar opknappings gedoen word. Die party hoop egter dat dit nie ‘n komplot is om stemme in die verkiesing te koop nie.