Broos herhaal hy bly by Bafana Bafana

Sokker: Hugo Broos het herhaal dat hy hom verbind het om as Bafana Bafana se afrigter aan te bly. Broos het Suid-Afrika tot ‘n derde plek in die Afrika-bekertoernooi gelei wat deur die gasheerspan Ivoorkus gewen is. Broos se kontrak verstryk in Junie 2026 . Hy sê die enigste manier waarop hy sal vertrek, is as hy afgedank word.Daar was bespiegeling dat hy afrigtigtersposte in Tunisië en Algerië oorweeg.