George-munisipaliteit maak tuine van stortingsterreine

Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê ou bande word nou gebruik om sekere onwettige stortingsterreine te verfraai en plantegroei aan te moedig, in ‘n poging om te keer dat gemeenskappe herhaaldelik op dieselfde plek stort. Inwoners word versoek om die stad te help om onwettige storting hok te slaan deur die nuus te versprei die storting van afval is gevaarlik en hou ‘n gesondheidsgevaar in. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê afval moet in vullissakke gegooi word en op afvalverwyderingsdae vir versameling geplaas word.