Getting to Know Filipina Women Online dating - September 3, 2021

Before you can start looking for a Filipina woman, you may need to comprehend her track record. Most Filipino women happen to be baby boomers. The extended households include great grandmothers, aunts, and uncles. They are going to always position the welfare with their family initial, and will also be very sincere of your emotions. […]

Read More

SA wil soveel as moontlik volwassenes teen einde 2021 inent - September 2, 2021

Die Suid-Afrikaanse regering moet probeer om soveel as moontlik volwassenes, ouer as 35 jaar, teen die einde van die jaar hul Covid-inenting toe te dien. Dis volgens die entstof-kenner, professor Shabir Madhi, wat sê dié mense moet voor November of Desember ingeënt wees om groot getalle sterftes en hospitalisasie tydens die vierde Covid-vlaag te voorkom. […]

Read More

Napha stig Skool vir Bewaring - September 2, 2021

Ná die afsterwe van Volker Grellmann, het die Eagle Rock-jagskool sy laaste jagkursus in 2020 aangebied. Vanjaar het die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, oftewel Napha, se uitvoerende komitee besluit om sy eie jagskool te begin om professionele jagters in Namibië met die hoogste standaarde op te lei. Die Napha Skool van Bewaring is intussen gestig en […]

Read More

Geraamte van ‘n trikeratops kan N$20 miljoen op veiling behaal - September 2, 2021

Die geraamte van ‘n trikeratops van 66 miljoen jaar oud kan na verwagting minstens 20 miljoen Namibiese dollar haal wanneer dit op 21 Oktober in Parys, Frankryk, opgeveil word. Die geraamte wat Big John genoem word, se skedel is 2,62 meter lank en twee meter breed. Dit is in Mei 2014 in Suid-Dakota in Amerika […]

Read More

Namibiese sosiale aktivis loof Agribank se lenings aan vroue - September 2, 2021

‘n Namibiese sosiale aktivis het gereageer op Agribank wat lenings van 44 miljoen Namibiese dollar aan vroulike kliënte in die 2020-2021 finansiële jaar toegestaan het, in vergelyking met lenings van 21 miljoen dollar die vorige jaar. ‘n Totaal van 39 miljoen Namibiese dollar is aan die jeug uitgeleen. Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More

Onwettige strukture by vleiland in Johannesburg gesloop - September 2, 2021

Altesaam 21 baksteenstrukture is gesloop nadat dit onwettig opgerig is op ‘n vleiland wat aan die Stad Johannesburg behoort. Volgens die stad is die grond in Ebonypark onwettig besit en van die strukture het reeds gevorder tot by die dak. Die burgemeesterskomiteelid vir ontwikkelingsbeplanning, Thapelo Amad, sê die departement se wetstoepassings-eenheid het hierdie oefening uitgevoer. […]

Read More

ActionSA vra Soweto se elektrisiteitskuld moet afgeskryf word - September 2, 2021

Die voorsitter van ActionSA, Herman Mashaba, sê die elektrisiteitskrisis in Soweto sal nie opgelos word deur die slagspreuk-taktiek van ouds nie, ook nie deur anargistiese politieke partye en groepe wat die land eerder wil vernietig as om hard te werk en oplossings te bied nie. ActionSA se woordvoerder, Sabelo Chalufu, sê ‘n groot deel van […]

Read More

Vliegtuig vlieg in nywerheidsgebou in Connecticut vas - September 2, 2021

‘n Vliegtuig het in ‘n nywerheidsgebou in Farmington in Connecticut in Amerika vasgevlieg en ‘n brand het ontstaan. Brandbestryders is besig om die vuur te blus en die publiek is gevra om die omgewing te vermy. Die gebou is naby die Robertson-lughawe en dit is onbekend of die vliegtuig by die lughawe opgestyg het of […]

Read More

SA se nasionale ramptoestand met ‘n maand verleng - September 2, 2021

In Suid-Afrika het die Kabinet die nasionale ramptoestand met nog ‘n maand verleng en besluit die land bly eers op die aangepaste vlak 3-inperking. Minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, het dit vanmiddag aangekondig en bygevoeg dit bly tot 15 Okober van krag. Gungubele sê enige aankondigings deur President Cyril Ramaphosa oor moontlike veranderings aan […]

Read More

Agribank geen lenings van N$44 miljoen aan vroue - September 2, 2021

Agribank het lenings ter waarde van 217 miljoen Namibiese dollar aan 1 301 kliënte in die finansiële jaar van 2020-2021 gegee. ‘n Totaal van 44 miljoen Namibiese dollar is aan vroulike kliënte geleen, in vergelyking met 21 miljoen dollar die vorige jaar. ‘n Totaal van 13 miljoen Namibiese dollar is aan die jeug uitgeleen, terwyl […]

Read More