Werkloosheid dwing duisende om aansoek te doen vir ‘n paar poste

Skokkende tonele waar duisende mense opdaag vir ‘n handvol poste raak algemeen regoor die land. Dit het weer aan die kus voorgekom toe meer as 1 500 mense na die landelike kiesafdeling kantore in Walvisbaai opgeruk het na 13 vakante poste geadverteer is. NamWater het geadverteer vir 11 arbeiders en 2 operateurs vir ‘n projek […]

Read More

Cunene Goewerneur sê Angolese moet terugkeer

Angolese owerhede het ‘n beroep op hulle landsburgers gedoen om terug te keer huis toe en in hulle tuisland bygestaan word. Die Cunene-provinsie se Goewerneur Gerdina Didadelwa het besoek afgelê aan ‘n groep Angolese vlugtelinge in die Ohangwena-streek. Volgens haar is die kwessie baie gekompliseerd en die uitdagings wat die gemeenskappe gevlug het bestaan steeds, […]

Read More

Co-Feed sê dankie

Co-Feed Namibia is ‘n inisiatief wat deur Namibiërs gelei word om mense in nood te ondersteun. Linda Baumann van Co-Feed het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en bedank al hul borge en vrywilligers wat ‘n helpende hand aan behoeftiges verleen.

Read More

Jagluiperdboeties wat in aanhouding gebore is, sorg vir hulleself

Twee jagluiperd-broers wat in aanhouding gebore en van Parc Safari in Kanada na die Imire-reservaat in Zimbabwe verskuif en vrygelaat is, het hul eerste ontmoeting met ‘n olifant in die bos gehad. Die Aspinall-stigting het hulle na dié Afrika-land gebring. Die koördineerder van die projek, Dereck Milburn, sê Kumbe en Jabari is besig om hulle […]

Read More

Los munisipale tariewe uit, asb Tito

Die buurland se burgerlike samelewingsorganisasie, Dear SA, het ‘n beroep op die regering gedoen om verhogings in munisipale tariewe en belasting te bevries. Die organisasie het in ‘n brief aan die Minister van Finansies, Tito Mboweni, gesê daar word geraam dat die inperkings weens die Covid-19-pandemie die land sowat een miljoen permanente werkgeleenthede kon gekos […]

Read More

Haweloses bly eers in Khomasdal

Haweloses in die hoofstad sal steeds by die Khomasdal-stadion gehuisves word omdat daar nog geen ooreenkoms is oor waarheen die groep mense moet gaan nie. Inwoners van die gebied sê die groep beskadig hulle eiendom. Volgens die Adjunk Burgemeester van die hoofstad Clemencia Hanases moet daar met die regering geraadpleeg word in die verband. Inwoners […]

Read More

IMF sê nee vir verhogings in GRN

Die bepalings van die 3,9 miljard Namibiese doller lening wat deur die Internasionale Monetêre Fonds aan die Namibiese regering einde Maart vanjaar goedgekeur is, beteken dat staatsamptenare nie die jaar enige opwaartse salaris aanpassings gekoppel aan inflasie kan ontvang nie. Die regering het ook onderneem nie poste te vul waar persone bedank het of afgetree […]

Read More

Nam-atlete sê Spele moet voortgaan

Die Tokio Olimpiese Spele is druk besig met hul voorbereidings. Alhoewel duisende atlete van regoor die wêreld opgewonde oor die Spele is, is daar reeds twee petisies, een met 350 000 handtekeninge en ‘n ander van 6 000 mediese praktisyns wat dit eerder weens Covid-19 wil laat uitstel. Die Namibiese Sportskommissie se Sportadministrateur, Freddy Mwiya, […]

Read More

Geen vervolging in Andrew Brown-skietery nie

Die Distriksaanklaer van Noord-Carolina, Andrew Womble, sê die skietdood van ‘n swart man deur polisiebeamptes was geregverdig en geen strafregtelike aanklagte gaan teen hulle gelê word nie. Andrew Brown Junior is verlede maand in sy motor doodgeskiet toe polisiebeamptes ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname op aanklagte van dwelmhandel aan hom uitgereik het. Womble sê die […]

Read More

Afrika moet weer op koers kom – IMF

Die Internasionale Monetêre Fonds sê daar is ‘n dringende behoefte om op finansiering in Afrika te fokus. Die korona-virus het verlede jaar ‘n resessie veroorsaak wat die bruto binnelandse produk op die vasteland met 1,9 persent laat krimp het, die swakste vertoning op rekord. Die IMF se Besturende Direkteur, Kristalina Georgieva, het op die vooraand […]

Read More