
Zuma weier dat staatsdokters hom ondersoek - August 31, 2021
Die Jacob Zuma-stigting sê dis onnodig dat dokters wat deur die staat aangestel is die Suid-Afrikaanse oudpresident ondersoek, al het sy regsverteenwoordigers ingevolge ‘n hofbevel daartoe ingestem. Zuma se regspan het verlede week ‘n vertroulike mediese verslag ingedien nadat hulle die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingelig het hy is nie medies bevoeg om tereg te staan op […]
Vermeende moordenaars van Shannon Wasserfall se saak tot 11 Oktober uitgestel - August 31, 2021
Azaan Madisia en haar broer Steven Mulundu, wat beskuldig word van die moord op Shannon Wasserfall, het vlugtig in die Walvisbaai-landdroshof verskyn. Hul saak is tot 11 Oktober uitgestel om regshulpverteenwoordiging te bekom. Madisia en haar jonger broer is vroeg in November verlede jaar in hegtenis geneem. Daar word aangevoer dat hulle Wasserfall in April verlede jaar vermoor het en haar liggaam in ‘n […]
Drie Covid-sterftes in drie distrikte aangemeld - August 31, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het drie sterftes in drie distrikte – Swakopmund, Khorixas en Onandjokwe – aangemeld, asook 146 nuwe gevalle uit 1 728 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 8,5 persent verteenwoordig. Uit die bevestigde gevalle is 57 leerders, wat 39 persent verteenwoordig, asook sewe onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 2 762 akteiwe gevalle, waarvan 196 in hospitale is en 37 in intensiewesorgeenhede.
Beroep dat alkoholverkope by SA vusltasies gestaak word - August 31, 2021
Die Suider-Afrikaanse Alkoholbeleids-alliansie Suid-Afrika vra dat die verkoop van alkohol by vulstasie-winkels onmiddellik gestaak moet word. Dit is spesifiek gemik op BP, die eerste brandstofhandelaar wat in Suid-Afrika ‘n dranklisensie bekom het. BP verkoop wyn by ‘n vulstasie-winkel in Radiokop, Johannesburg. Die alliansie se direkteur, Maurice Smithers, is van mening daar bestaan ‘n werklike risiko dit kan lei tot […]
Buitelandse burger verkoop glo aborsietablette - August 31, 2021
‘n Buitelandse burger, Johan Turyamureba, bly in aanhouding ná sy verskyning in die landdroshof in Oos-Londen op aanklagte van die oortreding van die Wet op Medisyne en Verwante Middels. Die Valke het hom in hegtenis geneem op aanklag van die verkoop van wat blykbaar aborsietablette is. Die tablette val onder die skedule 4-kategorie en mag slegs deur geregistreerde mediese […]
Britse regering sê dit sal moeilik vir burgers wees om uit Kabul huis toe te gaan - August 31, 2021
Die Britse regering erken dit sal moeilik wees vir die paar honderd burgers wat in Afghanistan vasgevang is, om hul vaderland te bereik. Die minister van buitelandse sake, Dominic Raab, het dit aan internasionale media gesê na afloop van die ontruimingspoging ná die Taliban weer beheer oorgeneem het. Hy sê dit is nie duidelik of die lughawe van Kabul weer oopgestel sal word […]
Somer kom, slange ook - August 31, 2021
Dit begin effe warmer word en kenners sê dit raak weer tyd vir slange om meer aktief te raak. Dit is belangrik om tuine en areas om wonings skoon te maak en ontslae te raak van voedselbronne soos die Namibiese slangkenner, Francois Theart aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.
Tradisionele medisyne is belangrike bron vir Afrika - August 31, 2021
Vandag is Afrika Tradisionelemedisyne-dag en volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie word daar vanjaar teruggekyk oor 20 jaar se vooruitgang in die bedryf. Ongeveer 80 persent van die Afrika-vasteland maak staat op die bron van medisyne vir behandeling. Johannes Gaseb, registrateur van medisyne in Namibië het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Ida kan eintlik tot voordeel wees van sommige kommideitspryse - August 31, 2021
Orkaan Ida het groot skade aan infrastruktuur van olie-maatskappye aangerig en internasionale nuusagentskappe berig dat dit nog ‘n geruime tyd sal neem voor produksie hervat kan word. Volgens Dawie Roodt, die Suid-Afrikaanse ekonoom, sal daar geen impak op die prys van Brent ru-olie wees nie en kan eintlik, voordelig is. Hy verduidelik.
SA: petrol op, diesel af - August 31, 2021
Suid-Afrikaners sal ook vanaf môre duurder vir petrol betaal, nes Namibiërs. Die buurland se departement van minerale bronne en energie het die petrolprysstygings wat vanaf middernag vandag geld bekend gemaak. Die prys van beide 93 en 95 loodvrye petrol styg met 4 sent per liter, maar die prys van diesel daal met ongeveer 15 sent […]