Amper 415 000 bees teen knopvelsiekte gespuitJune 2, 2025
Die landbouministerie sê 1 521 bees is landswyd vrek as gevolg van knopvelsiekte met 7 127 gevalle wat bevestig is. Die hoof veeartsenybeampte, dr. Johannes Shoopala sê die uitbreking is die grootste en mees verspreide in die onlangse geskiedenis. Teen 8 Mei is amper 415 000 diere ingeënt met amper 326 000 wat deur die regering gespuit is. Sedert die eerste aangemelde geval in die Okakakam-kiesafdeling van die Otjozondjupa-streek in Junie 2024, het die siekte versprei na gebiede in die Omaheke-, Kavango Oos- en Wes-, Zambezi-, Ohangwena-, Oshana-, Oshikoto- en Kunene-streke.