Kaapstad se burgemeesterskomitee aangekondig - November 22, 2021

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die lede van sy burgemeesterskomitee aangekondig. Die nuwe onder-burgemeester, Eddie Andrews, sal verantwoordelik wees vir Ruimtelike Beplanning en die Omgewing. Die nuwe komiteelede is Theresa Uys vir Korporatiewe Dienste, Patricia van der Ross vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Siseko Mbandezi vir Finansies en Beverley van Reenen vir Energie. Zahid Badroodien […]

Read More

Namibiese ekonomiese kenner is nie verras oor SA se inkomste status - November 22, 2021

‘n Namibiese ekonomiese kenner het gereageer op ‘n adviesgroep wat sê Suid-Afrika se middel-inkomste status kom tot ‘n einde. Suid-Afrika se politieke en ekonomiese agteruitgang is besig om te versnel en die land loop die risiko om teen 2028 ‘n laer-middel-inkomste nasie te word, toon ‘n model wat deur Eunomix Business & Economics ontwikkel is. […]

Read More

SA man wat in Jerusalem doodgeskiet is, vandag begrawe - November 22, 2021

Die 26-jarige Suid-Afrikaanse man, Eliyahu Kay, wat in die Ou Stad in Jerusalem deur ‘n lid van die Palestynse Islamitiese beweging Hamas, doodgeskiet is, se begrafnis het vandag plaasgevind. Kay het in 2019 na Israel emigreer en was ‘n toergids by die Wesmuur-plein in Jerusalem. Hy is geskiet toe hy op pad was om te […]

Read More

Betogings in talle Europese stede oor strenger inperkings - November 22, 2021

Tienduisende mense het in talle Europese stede aangesluit by betogings teen dreigende strenger inperkings wat moontlik ingestel kan word. Die Oostenrykse regering het verlede week aangekondig die land word van vandag af weer ingeperk nadat Covid-gevalle toegeneem het. Dit is die eerste keer sedert die inentingsveldtog vroeër vanjaar begin het. Ondernemings soos restaurante, kroeë, teaters […]

Read More

Meer as 5 000 werkers van Clover staak - November 22, 2021

Meer as 5 000 werkers by die voedsel- en verversingsonderneming Clover het vandag met ‘n staking begin weens werksomstandighede, lae salarisse en kwessies rondom afleggings. Die Algemene Werkersvakbond, ondersteun deur die SA Handel-, spyseniering- en geallieerde werkersvakbond en die vakbondfederasie SAFTU, sê Clover beplan om byna 1 500 werkers af te lê. Die rede vir […]

Read More

Namibiese damme saam 53,7% vol - November 22, 2021

Namibië se damme is tans gesamentlik 53,7 persent vol teenoor verlede seisoen se 23,7 persent. Volgens die weeklikse dambulletin van NamWater, staan die sentrale streek se gesamentlike damvlakke op 65,8 persent met die Von Bachdam wat 48,8 persent vol is teenoor verlede seisoen se 76,9 persent. Die Suide-damme staan gesamentlik op 59,6 persent teenoor verlede […]

Read More

Adviesgroep sê SA se middel-inkomstestatus kom tot ‘n einde - November 22, 2021

‘n Adviesgroep sê Suid-Afrika se middel-inkomstestatus kom tot ‘n einde. Suid-Afrika se politieke en ekonomiese agteruitgang is besig om te versnel en die land loop die risiko om teen 2028 ‘n laer-middel-inkomste nasie te word, toon ‘n model wat deur Eunomix Business & Economics ontwikkel is. Die vooruitskatting, wat met twee jaar na ‘n 2020-evaluering […]

Read More

Khomas-polisiehoof vergader met media - November 22, 2021

Die Namibiese polisie se bevelvoerder van die Khomas-streek, kommissaris Ismael Basson, het vandag ‘n vergadering met die media gehad om deeglike inligting aan die publiek te gee. Hy het ook ‘n beroep op inwoners van Khomas gedoen om die polisie in kennis te stel as hulle tydens die feesseisoen uitstedig gaan wees. Basson sê dan […]

Read More

Meer as 800 vas vir verskeie misdaad in Gauteng - November 22, 2021

Meer as 800 mense is die naweek in Gauteng in hegtenis vir misdade soos onwettige mynbedrywighede, die besit van ongelisensieerde vuurwapens, en dwelmhandel en -besit. ‘n Polisiewoordvoerder, Dimakatso Sello, sê van die verdagtes is gesoek weens geslagsgeweld terwyl 70 mense vasgetrek is vir oortreding van die Immigrasiewet.

Read More

Staatsbegrafnis van Ignatius Shixwameni vind op Rundu plaas - November 22, 2021

Die staatsbegrafnis van wyle Ignatius Shixwameni, leier van die All People’s Party, sal Saterdag op Rundu plaasvind. Volgens die ministerie van inligting, sal sy gedenkdiens Vrydag by die Rundu-sportstadion gehou word. Shixwameni het 10 November by die parlementsbou gesterf nadat hy tydens ‘n parlementêre staande komitee-vergadering ineengestort het.  Beide die gedenkdiens en staatsbegrafnis sal op die ministerie se Facebook-blad regstreeks uitgesaai word.   

Read More