
Bus slaan aan die brand in Bulgarye, byna 50 dood - November 23, 2021
Byna 50 mense, waaronder minstens 12 kinders, is dood toe ‘n bus vanoggend in Bulgarye aan die brand geslaan het. Die voorval het in ‘n dorp wes van die hoofstad, Sofia, plaasgevind. Sewe mense het die tragedie oorleef toe hulle uit die brandende bus gespring het. Owerhede kon nog nie vasstel of die bus eers […]
Ses nuwe Covid-gevalle aangemeld - November 23, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het ses nuwe Covid-gevalle uit 1 335 gevalle aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 0,4 persent verteenwoordig. In die groep is twee leerders en gesondheidswerkers elk. Daar is nou 76 aktiewe gevalle, waarvan nege pasiënte in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 296 124 persone is ten volle ingeënt.
Vermiste sjef van Ballito gevind - November 23, 2021
‘n Vermiste sjef van KwaZulu-Natal is vanoggend opgespoor ná ‘n lugsoektog van ‘n bouterrein in Ballito. Reaksie-eenheid Suid-Afrika het inligting ontvang dat Steven Kruger nie gisteraand by sy huis aangekom het nie. Die eenheid sê die 36-jarige Kruger het in ‘n afgeleë gebied gaan teiken skiet en kon ná swaar reën nie weer terugkeer nie. […]
Erge oorstromings in Suid-Kaap eis slagoffer - November 23, 2021
Die erge oorstromings in die Suid-Kaap het ‘n slagoffer geëis toe ‘n man in sy sewentigs vanoggend op die Geelbekvleipad naby Brandwag in die Mosselbaai-gebied verdrink. Hy het probeer om ‘n oorstroomde laagwaterbrug in sy dubbelkajuitbakkie oor te steek ná swaar reën en oorstromings. ‘n Polisiewoordvoerder sê lede het na die toneel gehaas en na die bakkie geswem wat in die […]
Toerisme: lig aan die einde van die tonnel - November 23, 2021
Ondanks die Namibiese ekonomie wat hard deur die Covid-pandemie getref is, is daar tog tekens van herstel. Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako wemel van buitelandse toeriste en volgens die toerismebedryf is besprekings besig om in te kom. Nathaly Ahrens van die Toerisme- en Safariverniging, Tasa, sê toerismesyfers het in Oktober en November gestyg. Alhoewel daar […]
NBC maak meer geld as sy kompetisie – Similo - November 23, 2021
Die parlementêre staande komitee op openbare rekenings vergader vandag met die nasionale uitsaaier, die NBC. Die korporasie se direkteur-generaal Stanley Similo sê hulle maak meer geld as die besighede wat met hulle probeer kompeteer…
Beperkte kaartjies beskikbaar vir Bulls teen Munster - November 23, 2021
‘n Beperkte aantal kaartjies sal vanaf môre beskikbaar wees vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting tussen die Bulls en die Ierse span, Munster, op Loftus Versfeld in Tshwane. Daar was ‘n miernes van bedrywighede toe die Bulls tydens die onlangse Kampioenskapswedstryd uiteindelik weer voor ‘n beperkte aantal toeskouers kon uitdraf. Hulle woordvoerder, Chumani Bambani, sê hulle […]
Tabakbedryf is in die sop - November 23, 2021
Die tabakbedryf in Suid-Afrika beleef volgens die bedryfsliggaam, South Africa Tobacco Transformation Alliance, ‘n donker en moeilike tyd. Die organisasie sê volgens die marknavorsingsmaatskappy, Ipsos, is die handel in onwettige sigarette buite beheer en is dit in meer as 50 persent van die land se winkels teen ‘n beduidend laer prys beskikbaar. Die alliansie sê […]
Verwagtinge vir Opul+ se 2 Des. vergadering - November 23, 2021
Die olieprys het die afgelope tyd skerp gestyg en daarmee saam, die brandstofprys. Plaaslik, is daar voorspellings vir nog ‘n styging aan die begin van Desember. Opul en sy vennote het produksie met 400 000 vate verhoog maar skop vas vir verdere verhogings. Nou het die organisasie aangekondig dat hy op 2 Desember sal vergader. […]
COP26 is klaar… wat nou? - November 23, 2021
COP26 het tot ‘n einde gekom met ‘n afgewaterde ooreenkoms, veral in verband met steenkool. Net metaangas het voldoende aandag gekry. Al die leiers is terug op eie bodem… so wat nou? Dr. Chris Brown, stigter van die Kamer van die Omgewing het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat… Hy voeg by dat ontwikkelde lande ontwikkelende […]