Bewareas en mynwese: Keerdatum vandag, betoging gereël
Ultimate Safaris en die bewaringsgebiede van Sorris Sorris, Doro !Nawas en Uibasen Twyfelfontein is verlede week ‘n interdik toegestaan wat beplande mynbedrywighede en die bou van ‘n pad deur Ottilie Ndilimunde verbied. Regter Esi Schimming-Chase het die omgewingskommissaris en die omgewingsminister tot vandag toe gegee om hulle besluit bekend te maak. Daar is nog geen […]
Beduidende silwerbron in Namibië ontdek
Australiese mynreus Golden Deeps het ‘n beduidende silwer hulpbron by sy Khusib Springs-projek in Namibië ontdek. Dit volg op ‘n herberekening van bestaande boorgate, met die fokus op silwer eerder as koper. Die aanvanklike hulpbronskatting is 1,9 miljoen onse silwer-ekwivalent, met potensiaal vir verdere uitbreiding. Die projek is geleë op ‘n historiese myn met ‘n […]
Lutombi sê oor teerpad tussen Walvis en Maltahöhe
Die Paaie-owerheid van Namibië het Tulipamwe Consulting Engineers aangestel om die konsultasiedienste te verrig vir die ontwerp en tenderdokumentasie vir die opgradering van hoofpaaie 36 en 31 vanaf Walvisbaai na Maltahöhe via Solitaire, na bitumenstandaard. Enviro Management Consultants Namibia is aangestel om die omgewingsimpakstudie uit te voer en ‘n omgewingsbestuursplan asook omgewingsregulasies vir die projek […]
Eeu-oue skeurbuik is terug
Die lewenskostekrisis, vetsug en ultraverwerkte voedsel veroorsaak moontlik skeurbuik. Die siekte was algemeen tussen die 16de en 18de eeue en is veroorsaak deur ʼn tekort aan vitamien C. Simptome van skeurbuik sluit gewoonlik in rooi of blou kolle op die vel, veral op die bene en voete, moegheid, gewrigs- en spierpyn, geswelde of bloeiende tandvleis […]
Kamati sê oor watervoorsiening, koolstofteikens vir hoofstad
Stad Windhoek se Raadsvergadering, wat oorspronklik op 8 Oktober uitgestel is nadat daar nie ‘n kworum was nie, het nou plaasgevind. Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, het die openingsverklaring gelewer. Sy het verskeie Stadsaktiwiteite uitgelig wat gedurende September plaasgevind het. Kamati het meer inligting gedeel oor die stad se doelwitte om koolstofvry te word, […]
BRICS: Ramaphosa sê SA bly verbind tot klimaatoptrede
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se verbintenis tot klimaatsoptrede en inklusiewe ekonomiese groei herbevestig tydens die 16de beraad van BRICS-staatshoofde in Kazan, Rusland. Hy het in sy toespraak die noodsaaklikheid van ‘n billike oorgang na ‘n laekoolstofekonomie beklemtoon, wat die ernstige impak van klimaatsverandering op ontwikkelende lande aanspreek. Ramaphosa het ‘n beroep op geïndustrialiseerde lande […]
Terreuraanval in Turkye laat 5 dood
Vyf mense is dood en 14 beseer ná ‘n aanval by ‘n lugvaartmaatskappy, Turkish Aerospace Industries, bekend as Tusas, naby Ankara. Turkye se binnelandse sake-minister, Ali Yerlikaya, het dit ‘n terreuraanval genoem, wat volgens hom heel waarskynlik verband hou met die PKK Koerdiese rebellegroep. Hy het ook gesê twee verdagtes, ‘n man en ‘n vrou, […]
Harris reageer op Trump se ‘Hitler-liefde’
Kamala Harris het ‘n verrassingstoespraak by haar woning in Washington DC gelewer in ‘n poging om kiesers te oortuig dat Donald Trump gevaarliker as ooit in ‘n tweede termyn sal wees. Dit kom ná Trump onlangs sy politieke teenstanders beskryf het as “die vyand van binne” en in die openbaar oorweeg het om die weermag […]
Groot gebrek aan kern-kankerdienste in Afrika
Die 2de Kernwetenskap- en Tegnologiekonferensie is tot Vrydag in Swakopmund aan die gang. Die tema is “Ontsluit die potensiaal van Kernwetenskap en Tegnologie vir Namibië se Ontwikkeling”. Die konferensie sal na verwagting deur internasionale vennote en hoëvlak-beleidmakers toegespreek word om ‘n globale perspektief en ‘n nasionale uitkyk in terme van die kernlandskap te bied. Professor […]
SA regering ‘moet in klimaat-bestande infrastruktuur belê’
Cosatu doen ʼn beroep op die regering om in klimaat-bestande infrastruktuur te belê omdat gevaarlike weerstoestande al meer voorkom. Honderde mense is na veiligheid geneem ná swaar reën en oorstromings in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap. KwaZulu-Natal en Mpumalanga loop ook deur onder gure weerstoestande. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die regering is roekeloos omdat […]