Eeu-oue skeurbuik is terug

Die lewenskostekrisis, vetsug en ultraverwerkte voedsel veroorsaak moontlik skeurbuik. Die siekte was algemeen tussen die 16de en 18de eeue en is veroorsaak deur ʼn tekort aan vitamien C. Simptome van skeurbuik sluit gewoonlik in rooi of blou kolle op die vel, veral op die bene en voete, moegheid, gewrigs- en spierpyn, geswelde of bloeiende tandvleis […]

Read More

Kamati sê oor watervoorsiening, koolstofteikens vir hoofstad

Stad Windhoek se Raadsvergadering, wat oorspronklik op 8 Oktober uitgestel is nadat daar nie ‘n kworum was nie, het nou plaasgevind. Die burgemeester van Windhoek, Queen Kamati, het die openingsverklaring gelewer. Sy het verskeie Stadsaktiwiteite uitgelig wat gedurende September plaasgevind het. Kamati het meer inligting gedeel oor die stad se doelwitte om koolstofvry te word, […]

Read More

BRICS: Ramaphosa sê SA bly verbind tot klimaatoptrede

President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se verbintenis tot klimaatsoptrede en inklusiewe ekonomiese groei herbevestig tydens die 16de beraad van BRICS-staatshoofde in Kazan, Rusland. Hy het in sy toespraak die noodsaaklikheid van ‘n billike oorgang na ‘n laekoolstofekonomie beklemtoon, wat die ernstige impak van klimaatsverandering op ontwikkelende lande aanspreek. Ramaphosa het ‘n beroep op geïndustrialiseerde lande […]

Read More

Terreuraanval in Turkye laat 5 dood

Vyf mense is dood en 14 beseer ná ‘n aanval by ‘n lugvaartmaatskappy, Turkish Aerospace Industries, bekend as Tusas, naby Ankara. Turkye se binnelandse sake-minister, Ali Yerlikaya, het dit ‘n terreuraanval genoem, wat volgens hom heel waarskynlik verband hou met die PKK Koerdiese rebellegroep. Hy het ook gesê twee verdagtes, ‘n man en ‘n vrou, […]

Read More

Harris reageer op Trump se ‘Hitler-liefde’

Kamala Harris het ‘n verrassingstoespraak by haar woning in Washington DC gelewer in ‘n poging om kiesers te oortuig dat Donald Trump gevaarliker as ooit in ‘n tweede termyn sal wees. Dit kom ná Trump onlangs sy politieke teenstanders beskryf het as “die vyand van binne” en in die openbaar oorweeg het om die weermag […]

Read More

Groot gebrek aan kern-kankerdienste in Afrika

Die 2de Kernwetenskap- en Tegnologiekonferensie is tot Vrydag in Swakopmund aan die gang. Die tema is “Ontsluit die potensiaal van Kernwetenskap en Tegnologie vir Namibië se Ontwikkeling”. Die konferensie sal na verwagting deur internasionale vennote en hoëvlak-beleidmakers toegespreek word om ‘n globale perspektief en ‘n nasionale uitkyk in terme van die kernlandskap te bied. Professor […]

Read More

SA regering ‘moet in klimaat-bestande infrastruktuur belê’

Cosatu doen ʼn beroep op die regering om in klimaat-bestande infrastruktuur te belê omdat gevaarlike weerstoestande al meer voorkom. Honderde mense is na veiligheid geneem ná swaar reën en oorstromings in die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap. KwaZulu-Natal en Mpumalanga loop ook deur onder gure weerstoestande. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê die regering is roekeloos omdat […]

Read More

Israel tref Tirus naby historiese ruïnes

Israel het ten minste vier lugaanvalle op die historiese Libanese hawestad Tirus uitgevoer, ure nadat hulle sy ontruimingsbevele uitgebrei het om verskeie sentrale woonbuurte te dek. Video’s het groot wolke swart rook gewys wat uit ‘n seefrontgebied opstyg wat net ‘n paar honderd meter van ‘n Romeinse ruïnes op die Unesco-wêrelderfenislys is. Die Israeliese weermag […]

Read More

Fifa skuld oud-spelers glo laaste uitbetalings

Sokker: Die wêreld-beheerliggaam, Fifa, word daarvan beskuldig dat hy nie voormalige Europese spelers betaal wie se klubs nie hulle kontrakte eerbiedig nie. Fifa skuld glo 420 spelers hulle laaste uitbetaling van altesaam 66-miljoen Namibiese dollar en dit was in September verlede jaar betaalbaar. Die geld was veronderstel om uit Fifa se Spelersfonds betaal te word, […]

Read More

Beseerdes in Auasweg-ongeluk ‘moet ongelukkefonds nader’

Die Motorvoertuig-ongelukkefonds het sy diepe hartseer uitgespreek oor die tragiese padongeluk Dinsdag wat tot die verlies van twee lewens gelei het. Die ongeluk het omstreeks 10 oor 6 op die Auasweg-brug op pad na die Truck Stop plaasgevind. Elf mense het verskillende grade van beserings opgedoen. Een passasier was vasgekeer en is op die toneel […]

Read More