Weggooibare maskers besoedel nou die omgewing - December 7, 2021

Die Instituut vir Afvalbestuur in Suider-Afrika sê die mensdom se dekade oue verslawing aan weggooibare plastieksakke versmoor die wêreld se riviere en oseane, bedreig die natuurlewe en besmet die voedselketting. Die Covid-pandemie het egter die probleem vererger nadat die gebruik van weggooibare maskers, handskoene en ander persoonlike beskermingstoerusting skerp toegeneem het. Plastiek is verantwoordelik vir […]

Read More

Novak Djokovic gereed om na Australië te reis - December 7, 2021

Tennis: Die wêreld nommer-een, Novak Djokovic, is vandag aangewys in Serwië se span vir volgende maand se die ATP-bekertoernooi in Sydney ná bespiegelings of hy weens die inentingsreëls na Australië sou reis. Twyfel het bestaan oor of die 20-malige Grand Slam-kampioen sy Australiese Ope-titel in Januarie sou verdedig nadat hy geweier het om te openbaar […]

Read More

ANC bekommerd oor Johannesburg se dienslewering - December 7, 2021

Die ANC in die Stad Johannesburg sê hy is bekommerd dat inwoners ly weens gebrek aan politieke rigting wat dienslewering betref. Die party se woordvoerder, Mpho Moerane, sê dit is presies 14 dae sedert die DA-burgemeester Mpho Phalatse verkies is, maar sy is nog nie ingesweer nie en het nie die burgemeesterskomitee bekend gemaak nie. […]

Read More

Net een sterfgeval by Namibiese myne - December 7, 2021

Rolspelers in die Suid-Afrikaanse mynbedryf en die departement van minerale bronne en energie sê die dringende ingryping om gesondheid en veiligheid, en veral die voortgaande lewensverliese onder werknemers in dié bedryf aan te spreek, mag nie onderskat word nie. Daar is tot dusver vanjaar 69 sterftes aangemeld teenoor 48 in dieselfde tydperk verlede jaar. Die […]

Read More

Namibiërs met gestremdhede voorspoed toegewens - December 7, 2021

Soos die jaar 2021 sy einde nader om sy gordyn te laat sak, wens Namibiërs goeie gesondheid aan mekaar in hierdie moeilike tye toe. Daniel Trum, die nasionale voorsitter van die Federasie vir mense met gestremdhede, sê aan Kosmos 94.1 Nuus Namibiërs en veral mense met gestremdhede moet nooi na hulself kyk en beter vir […]

Read More

Iran het slim protokolplan - December 7, 2021

Die Iranse regering het wat hy noem, ‘n slim protokolplan van stapel gestuur, met beperkings teen mense wat nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Dit is daarop gemik om die land te leer om saam met die koronavirus te leef. Deelname aan bedrywighede in binnenshuise openbare ruimtes en die gebruik van openbare vervoer sal net […]

Read More

Meisie opgespoor wat 20 jaar gelede ontvoer is - December 7, 2021

Die polisie in Ermelo, Mpumalanga, het ‘n meisie opgespoor wat twintig jaar gelede as ‘n baba ontvoer is. ‘n Provinsiale polisiewoordvoerder, Selvy Mohlala, sê ‘n 50-jarige vrou is in hegtenis geneem en van die ontvoering van die meisie aangekla. Mohlala sê die verdagte het in die hof verskyn en is borgtog van een-duisend-rand toegestaan.

Read More

Oliepryse styg weer - December 7, 2021

Oliepryse het vandag gestyg ná ‘n herstel van byna vyf persent die vorige dag, aangesien kommer oor die impak van die Omikron-variant op die wêreldwye brandstofvraag afgeneem het terwyl Iran se kernkraggesprekke padblokkades tref, wat die terugkeer van Iranse ru-olievoorrade vertraag het. Oliepryse is verlede week gekelder oor kommer dat entstowwe minder doeltreffend teen die […]

Read More

Euro-banknote trek nuwe baadjie aan in 2024 - December 7, 2021

Die Europese Sentrale Bank gaan teen 2024 ‘n nuwe ontwerp vir euro-banknote kies. Die Eurosone-geldeenheid is in 1999 bekendgestel met munte en note wat in 2002 gevolg het. Die bank se president, Christine Lagarde, sê in ‘n verklaring dis tyd om die banknote meer aanpasbaar te maak by Europeërs van alle ouderdomme en agtergronde. Die […]

Read More

MTN-werkers met goeie redes kan uitgesluit word van inenting - December 7, 2021

Die MTN-groep sê werknemers met grondige redes kan uitgesluit word van die nuwe inentingsbeleid, en inenting weier. Die mobiele telekommunikasie-reus hoop om vanaf volgende maand verpligte inenting vir personeel in te stel. MTN sê die maatreël is daarop gemik om die maatskappy te laat voldoen aan sy wetlike verpligting om ‘n veilige werksomgewing te skep. […]

Read More