Sassa versuim om 70 000 begunstigdes te betaal

Die DA sê hy word oorval met bekommerde Sassa-toelaebegunstigdes wat vrees hulle moet weer aansoek doen en dan maande sonder hul geld klaarkom. Die party beweer meer as 70 000 begunstigdes wag op hierdie maand se maatskaplike toelaes, met Sassa wat ‘n fout in verband met die bevestiging van bankbesonderhede die skuld gee. Die DA-lid, […]

Read More

Rob Jeugstigting help in hospitale, klinieke

Die nie-winsgewende organisasie die Rob Jeugstigting sal vanjaar hul energie daarop rig om nuwe doelwitte te bereik. Die organisasie is in 2019 gestig om sosiale uitdagings wat die jeug in Namibië in die gesig staar, aan te spreek en te stop. In 2024, wat deur president Hage Geingob as “die jaar van verwagtinge” gedoop is, […]

Read More

ANC verjaardagvierings bring besigheid

Mpumalanga se lid van die uitvoerende raad vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, doen ‘n beroep op mense wat die naweek die ANC se verjaarsdagvierings in Mbombela gaan bywoon om verkeersreëls te gehoorsaam. Wetstoepassers sal slaggereed wees om op enige gebeurtenis te reageer. Berigte dui aan die meeste verblyfplekke is reeds vol bespreek. Die departement se woordvoerder, […]

Read More

Plant bome teen rampe: Malawië

Die Malawiese rampbestuursake-departement sê ongeveer 14 van die rade is sedert die aanvang van die 2023/24-reënseisoen getref deur rampe, insluitend stormreën, sterk wind en weerlig. Volgens die departement het die algehele huishoudings wat geraak is toegeneem van 961 verlede maand tot 4 751, wat ongeveer 21 379 mense raak. Die departement het ook vyf sterftes […]

Read More

Hond vreet nie huiswerk, maar duisende in kontant

‘n Egpaar van Pennsilvania het ‘n hele nuwe betekenis aan “my hond het my huiswerk gevreet” ontdek nadat hul hond 4 000 Amerikaanse dollar in kontant verslind het. Dis sowat 75 000 Namibiese dollar. Die sewejarige Cecil het besluit om die geld te vreet wat sy eienaars, Clayton en Carrie Law, onttrek het om tuiniers […]

Read More

Opname van Bipa se amnestie is uiters stadig

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, het verlede jaar die kwytskelding van die jaarlikse heffingsboetes aangekondig, geldig tot 31 Maart vanjaar. Die jaarlikse heffingsboete-kwytskeldingsprogram is van toepassing op kwalifiserende geregistreerde besigheidsentiteite wat boetes opgeloop het omdat hulle nie hul jaarlikse heffings betyds betaal het nie. Die 100 persent boete-kwytskeldingsprogram is dus slegs van toepassing op […]

Read More

Tshwane sê sosiale media-slenters neem toe

Tshwane-distrikspolisie waarsku inwoners ná ʼn toename in die aantal mense wat slagoffers word van skelmstreke op sosiale media. In die jongste voorval het ʼn klaer Maandag na Saxby Corner Complex gegaan om ʼn persoon te ontmoet wat sy iPhone wou koop wat hy op sosiale media adverteer het. Hy sou dit vir 15 000 Suid-Afrikaanse […]

Read More

Ericsson verleng MTN-kontrak met 10 jaar

Ericsson het sy 10-jaar vennootskap met MTN verleng, wat een van Afrika se grootste telekommunikasieverskaffers is. Daar is reeds 63-miljoen intekenare op die platform, en die hoof van Ericsson Mobile se finansiële dienste, Michael Wallis-Brown, beklemtoon Afrika se belangrikheid as ‘n sleutelmark vir groei. Hy sê die uitgebreide vennootskap, tesame met ‘n oorgang na openbare […]

Read More

Bang vir spinnekoppe? Kyk gou hier…

Die grootste manlike voorbeeld van die wêreld se giftigste spinnekop, die dodelike Sydney-tregterspinnekop, is noord van Sydney in Australië gevind. Hercules, soos hy genoem word, woon nou in die Australiese Reptielpark, waar hy sal deelneem aan die teengifprogram. Spinnekopkenners van die park het hom gevind en vinnig besef dit is die grootste mannetjie wat al […]

Read More

Oud-dwelmbaas spreek kommer uit oor toenemende uitdaging

Twee Kongolese mans is Maandag in Otjomuise gearresteer in besit van ‘n reuse 19 kilogram se dagga ter waarde van 930 500 Namibiese dollar. Dit, nadat die polisie 9 miljoen Namibiese dollar se dwelms in Desember gekonfiskeer het. Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en […]

Read More