Oud-dwelmbaas spreek kommer uit oor toenemende uitdaging

Twee Kongolese mans is Maandag in Otjomuise gearresteer in besit van ‘n reuse 19 kilogram se dagga ter waarde van 930 500 Namibiese dollar. Dit, nadat die polisie 9 miljoen Namibiese dollar se dwelms in Desember gekonfiskeer het. Die voormalige hoof van Nampol se dwelmeenheid, Hermie van Zyl, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en waarsku dat dwelmsmokkelary toeneem in die land.