Tshwane sê sosiale media-slenters neem toe

Tshwane-distrikspolisie waarsku inwoners ná ʼn toename in die aantal mense wat slagoffers word van skelmstreke op sosiale media. In die jongste voorval het ʼn klaer Maandag na Saxby Corner Complex gegaan om ʼn persoon te ontmoet wat sy iPhone wou koop wat hy op sosiale media adverteer het. Hy sou dit vir 15 000 Suid-Afrikaanse rand verkoop. Die polisiewoordvoerder, Johan Van Dyk, sê die klaer wat saam met sy pa was, het die foon oorhandig maar is met vervalste geld betaal: