Mediahuis vra om verskoning oor matriek-uitslae blaps

New Era het onvoorwaardelik om verskoning gevra nadat dit die matriek-uitslae, wat eers net na 12-uur aanlyn beskikbaar sou wees, vroeër gepubliseer het. New Era sê in ‘n mediaverklaring dit neem volle verantwoordelikheid vir die oordeelsfout en sal prosedures instel om te verseker so iets gebeur nooit weer nie. Die mediahuis sê die bedoeling was […]

Read More

Mantashe kap Mbalula oor Zuma-uitlatings

Die voorsitter van die ANC, Gwede Mantashe, het uitgevaar teen die party se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, omdat hy erken het die party het gelieg om oudpresident Jacob Zuma te beskerm teen korrupsie-bewerings rondom sy KwaZulu-Natalse landgoed, Nkandla. Mbalula se openbaring het wydverspreide kritiek ontlok. Opposisiepartye, insluitend die DA en die Inkatha Vryheidsparty, bevraagteken die ANC […]

Read More

WP sal werk maak van Nuweland se kolfblad

Krieket: Westelike Provinsie sê hy is daartoe verbind om te verseker die speeltoestande op Nuweland in Kaapstad is van die hoogste moontlike gehalte. Dit volg na die Internasionale Krieketraad se evaluering van die kolfblad vir die tweede toets tussen Suid-Afrika en Indië. Dit is as onbevredigend bevind en een strafpunt is toegeken. Die unie beloof […]

Read More

Dink mooi na oor studies, matrieks

Na vandag se matriek-uitslae met ‘n algehele slaagsyfer van 48,8 persent en 29 persent van gewonevlak leerders wat vir tersiêre instellings kwalifiseer, is vakopleiding weer op die voorgrond. Die leerders wat universiteit toe gaan, word aangemoedig om mooi na te dink oor wat hulle wil studeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige […]

Read More

Brave Warriors se uitstap-klere teruggetrek

‘n Herrie het op sosiale media uitgebars nadat ‘n foto gedeel is van Namibië se nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, in hul uitstap-klere wat Swapo-kleure op die skouers het. Die amptelike opposisieleier van die Public Democratic Movement, McHenry Venaani, het op X gesê die stap dui op politieke desperaatheid van die Swapo-party. Kosmos 94.1 […]

Read More

Galp Energia bevestig ‘beduidende’ ligte olie-ontdekking in PEL 83

Die Lissabon-gebaseerde Galp Energia het bevestig dat dit ‘n beduidende kolom ligte olie in reservoir-draende sand van hoë gehalte ontdek het in PEL 83, aflandig in die Oranje-bekken. Galp bedryf PEL 83 met ‘n 80 persent belang, terwyl Namibië se Namcor 10 persent besit, en Custos Energy van plaaslike sakeman Knowledge Katti ook ‘n 10 […]

Read More

Voorspelde onder-normale reënval gaan veeboere hard tref

Volgens die Namibië Meteorologiediens se jongste reënvalbulletin sal die grootste deel van die land hierdie somer onder-normale reënval kry. Die tydperk van 1 Februarie tot 30 April sal na verwagting onderdrukte reënval ervaar, met ‘n hoë waarskynlikheid van onder-normale reënval. Kosmos 94.1 Nuus het met Erastus Ngaruka, die tegniese adviseur van Agribank se Adviesdienste, gepraat […]

Read More

Moedertaal-uitslae wek kommer

Die Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gewone Vlak en Gevorderde Vlak eksamenuitslae is vandag bekend gemaak. Alhoewel daar ‘n effe verbetering is vir eerste taal vakke in A-simbole, B-simbole en C-simbole is daar ‘n toename aan leerders wat D-simbole gekry het vir hulle moedertale. ‘n Parlementslid van die Landless People’s Movement, Utaara Mootu, het haar kommer […]

Read More

New Era vra om verskoning oor matriek-uitslae blaps

Die New Era het onvoorwaardelik om verskoning gevra nadat dit die matriek-uitslae, wat eers net na 12-uur aanlyn beskikbaar sou wees, vroeër gepubliseer het. Die uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, Sanet Steenkamp, het vroeër ten sterkste reageer op die kwessie. New Era sê in ‘n mediaverklaring dit neem volle verantwoordelikheid vir die oordeelsfout en sal […]

Read More

Israel se president sê SA skynheilig met hofsaak

Die president van Israel, Isaac Herzog, veroordeel die hofsaak in die Internasionale Geregshof waarin Israel beskuldig word van volksmoord tydens sy Gaza-aanslag. Hy beskou die aanspraak as afgryslik en verregaande. Die aanslag het gevolg nadat Hamas die land aangeval het en dit het gelei tot ʼn humanitêre katastrofe, terwyl Israel Hamas daarvan beskuldig dat hy […]

Read More