Mediahuis vra om verskoning oor matriek-uitslae blaps

New Era het onvoorwaardelik om verskoning gevra nadat dit die matriek-uitslae, wat eers net na 12-uur aanlyn beskikbaar sou wees, vroeër gepubliseer het. New Era sê in ‘n mediaverklaring dit neem volle verantwoordelikheid vir die oordeelsfout en sal prosedures instel om te verseker so iets gebeur nooit weer nie. Die mediahuis sê die bedoeling was geensins om die integriteit van die onderwys-ministerie of die uitslae negatief te beinvloed nie.