Dink mooi na oor studies, matrieks

Na vandag se matriek-uitslae met ‘n algehele slaagsyfer van 48,8 persent en 29 persent van gewonevlak leerders wat vir tersiêre instellings kwalifiseer, is vakopleiding weer op die voorgrond. Die leerders wat universiteit toe gaan, word aangemoedig om mooi na te dink oor wat hulle wil studeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, oor die kwessie gesels.