Proteas teen Pakistan vandag
Krieket: Temba Bavuma sal vandag vir die eerste keer Suid-Afrika se Protea-eendagspan aanvoer wanneer hulle Pakistan in die eerste van drie eendagwedstryde by Supersport-park in Centurion, Pretoria, die stryd aansê. Die eendagreeks word gevolg deur drie T20-wedstryde en is ter voorbereiding van die T20-wêreldbeker wat in Oktober en November in Indië plaasvind. Suid-Afrika moet na […]
Polisie ondersoek beweerde spoedoortreding teen dr Mathe
Die Namibiese polisie is besig met ‘n ondersoek nadat die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Sport, dr Audrin Mathe, na bewering te vining gery en die spoedgrens oorskry het oppad na die noorde vir die Paasnaweek. Hy was volgens berigte ongelukkig toe ‘n kaartjie vir die oortreding aan hom uitgereik is. Nampol sal later […]
Vrae oor inentings in Suid-Afrika
Business Leadership South Africa sê hulle wil meer besonderhede hê oor presies hoe die buurland se regering beplan om teen die einde van die jaar 40-miljoen Suid-Afrikaners teen die koronavirus in te ent. Die regering se oorspronklike veldtog het agter geraak nadat planne om Oxford AstraZeneca se Covid-19-entstof te gebruik deur die mat geval het. […]
Namibiërs vier saam met miljoene Christene wêreldwyd vandag Goeie Vrydag
Namibiërs vier saam met miljoene Christene wêreldwyd vandag Goeie Vrydag.Paastyd is een van die belangrikste datums op die Christelike kalender . Vandag op Goeie Vrydag word Jesus se kruisiging herdenk en Sondag sy opstanding uit die dood.Ds Johann Els bekende Suid-Afrikaanse leraar en uitsaaier oor Paasfees in die lig van Covid-19.